Paaie besiger terwyl vakansiegangers terugkeer

(Foto: Carina Stander vir Maroela Media)

Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) maan motoriste om hul ligte aan te skakel terwyl verkeersvolumes op nasionale roetes aan die einde van die vakansie toeneem.

Simon Zwane, woordvoerder van die RTMC, het in ʼn verklaring gesê dit is in groot dele van die land bewolk en motoriste word gemaan om hul ligte aan te skakel om sigbaarheid te verhoog.

Die getal voertuie wat vakansiebestemmings aan die kus verlaat, het Saterdag skerp toegeneem. Altesaam 1 600 voertuie per uur is op die N3 in KwaZulu-Natal, in die rigting van Gauteng, aangeteken.

ʼn Groot getal voertuie word ook op die N1 van Limpopo, die N4 van Mpumalanga en die N2 van Noordwes verwag.

Wetstoepassingsbedrywighede duur voort op alle groot roetes. “Minstens 1 500 motoriste is reeds in hegtenis geneem vir dronkbestuur en 4 700 onpadwaardige voertuie is geskut.”

Motoriste word ook daaraan herinner dat dit onwettig is om tydens die aandklokreël op die pad te wees. Die aandklokreël duur van 21:00 tot 06:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.