LUR en sy lyfwag sterf in Vrystaat-ongeluk

Tate Makgoe, die Vrystaatse LUR vir onderwys (Foto verskaf deur die kantoor van die premier)

Tate Makgoe, die Vrystaatse LUR vir onderwys, en sy lyfwag is Sondag in die vroeë oggendure oorlede.

Die Vrystaatse premier Mxolisi Dukwana het gesê nooddienste is omstreeks 01:30 na ʼn ongelukstoneel op die N1 buite Winburg ontbied. ʼn Motor het teen twee beeste gebots.

Daar was drie persone in die motor en paramedici moes van meganiese toerusting gebruik maak om hulle te bevry. Twee persone, Makgoe en sy lyfwag, is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die motor het matige beserings opgedoen en is na Winburg-hospitaal geneem om gestabiliseer te word voor hy na Bloemfontein oorgeplaas is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.