Ma duik kleuter uit swembad

Argieffoto bloot ter illustrasie.

’n Kleuter is Maandag in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal in Durban gehaas nadat hy in die swembad by sy ouerhuis beland het.

Die driejarige seuntjie se ma het egter tot sy redding gekom en hom uit die swembad geduik.

ALS Paramedics sê verskeie ambulansdienste is Maandag laatmiddag na ’n huis in die Durbanse woonbuurt Yellowwood Park ontbied. Die seuntjie was met paramedici se aankoms reeds uit die swembad gehaal en familielede sowel as lede van die gemeenskap het in dié stadium die kind probeer bybring.

Paramedici het die kind op die toneel gestabiliseer voordat hy na ’n nabygeleë hospitaal gehaas is vir verdere mediese behandeling.

Dit is nie in dié stadium duidelik hoe die kind in die swembad beland het nie.

“Welgedaan aan die ma, familielede en die gemeenskap wat geweet het hoe om kunsmatige asemhaling (KPR) toe te pas en die seun se lewe gered het,” sê ALS Paramedics in ’n verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

VaalDonkie ·

‘n Vriend van my se klein boetie het so verdrink. Hy kon dit nooit rerig verwerk nie. Ek onthou al vandat ons 7 jaar oud was, het hy nou en dan daarvan gepraat. Selfs toe ons al grootmanne in matriek was het hy nog daaroor gepraat. Dis iets wat ek vir niemand wens nie.

koos ·

Ai man, kleuters wat verdrink of motorhekke wat op hulle val – die dinge gebeur elke nou-en-dan. Hartseerstories. Hoop die kleuter oorleef die insident sonder enige nagevolge. Sterkte aan die familie.

George ·

Omdat ons nie bou regulasies hier het nie, waar is die swembad hek wat die regte hoogte is, en dat die swembad toe moet wees.

Oosieoos ·

My kleinkind ook van kleinsaf in swembad gespring sonder enige vrese of enigsins besef hy kan verdrink. Hom maar dadelik reg geleer en altyd waaksaam gwees. Dadelik vir swem lesse geneem en swem soos a vis op 3. Die soort ding gebeur so vinnig. Om nou slim menings rond te gooi help niemand en is ongevoeloos

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.