Ma gewond toe taxibestuurder glo losbrand

‘n Omstander hou die vuurwapen vas wat glo by ‘n taxibestuurder afgeneem is. (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

ʼn Skare nuuskierige verbygangers wat in Mamelodi, in die ooste van Pretoria, by ʼn ongelukstoneel saamgedrom het, het laat spaander toe skote begin het klap het ná ʼn onderonsie tussen taxibestuurders en van die inwoners.

ʼn Voertuig wat skoolkinders vervoer, was kort tevore betrokke in ʼn ongeluk met ʼn minibus in Solomon Mahlangurylaan. ʼn Woordewisseling tussen die bestuurders van die twee voertuie en inwoners het kort daarna uitgebreek. Nóg ʼn taxibestuurder het op die toneel stilgehou, ʼn vuurwapen uitgepluk en sy kollega te hulp gesnel.

Die groep het handgemeen geraak en skote het begin klap. Die taxibestuurder het op die vlug geslaan ná sy wapen afgeneem is.

Zandile Mthimunye het haar intussen na die toneel gehaas om haar kinders – wat in die ongeluk betrokke was – te gaan haal. Mthimunye is ook die woordvoerder van die Tshwane-distrikshospitaal.

“Ek was geweldig bekommerd oor my kinders en hier staan skares mans en baklei. Tussendeur die bakleiery en die skote wat klap, het ek gevoel iets tref my in die ribbes. Toe ek agterkom ek bloei, het ek besef een van die koeëls moes my getref het,” het Mthimunye gesê.

Die koeël het haar net skrams getref.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê die saak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tino

Die anargie stoot voor!

Die Taxi’s in Pretoria moet ook soos in Soweto opgeskort word. Die wat betrokke was moet geskut word, waar is die polisie in alles?

Heinrich

Soos ESKOM and SAA het die regering ook heeltemal beheer verloor oor die taxi-industrie en is hulle ‘n mafia op hulle eie. Ek kan in my lewe nie verstaan dat wanneer taxis geskut word weens wetsoortreding en hulle dan staak daaroor (lees hier: verder soos mafia bullebakke optree) en die polisie dan ingee nie. Ek kan nie verstaan dat die verkeerspolisie handjies gevou sit met die taxis se daaglikse chaos tydens spitsverkeer nie maar eerder sit en mense vang wat te vinnig ry. Hulle sê mos ‘Speed kills’ op borde oral langs die paaie; ek sal graag statistieke wil sien… Lees meer »

Superfilly

Moenie worry nie, die taxi drywer het klaar weer n ander vuurwapen!

Heinrich

Die regering het lankal beheer verloor oor die taxi industrie. In my lewe het ek nog nooit gesien dat taxis geskut kan word omdat verskeie wette oortree is nie, die taxi bestuurders en eienaars dan kan staak (lees hier nog meer soos mafia bullebakke tekere gaan en verder die wet oortree) en dan gee die owerhede maar in en gee die taxis terug nie. Die verkeerspolisie het lankal opgegee met die taxis en vang maar eerder mense wat te vinnig ry terwyl die taxis openlik lewensgevaarlik ry tydens spitstye on die stede. Hulle het mos “Speed Kills” bordjies op die… Lees meer »

Annamarie Olivier

Wilde Weste hierdie. Geen beheer oor misdaad, korrupsie en geen respek vir landswette.