Ma, pa sterf toe vragmotor hulle tref

Foto: Rusa/Facebook

ʼn Onbekende man wat Dinsdagoggend deur ʼn vragmotor getref is, het in die Osindisweni-hospitaal aan sy beserings beswyk. Die liggaam van ʼn vrou, vermoedelik sy lewensmaat, is langs ʼn versperring op die R102 tussen Verulam en Ottawa gevind.

Reaction Unit South Africa het die vragmotor sowat 1,5 km van die toneel gevind. Die bestuurder en assistent het aan beamptes gesê hulle is deur ʼn ander vragmotor uit die stadige laan gedwing. Hulle was nie bewus daarvan dat hulle twee voetgangers getref het nie. Die vervoermaatskappy is gebaseer in kwaDukuza.

Volgens ooggetuies het die paartjie saam met twee minderjarige kinders langs die pad gestap. Beamptes het tevergeefs na die twee kinders en die gesin se huis gesoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Shakespeare ·

Die doodsengel het ons land getref met ‘n ongekende spoed. Hoekom vra ek ? Mense word verarm en uitgemergel tot die dood. Hoekom ?? Ek wonder net.

Hannelie ·

Ek ondervind daagliks, wanneer ek ry, dat die meeste bestuurders swaar van voet en lig van verstand is. Soms wonder ek hoe dit moontlik is dat sommige bestuurders lisensies gekry het.

Cabytheron ·

Hoe aardig is dit nie! Ai, hoop hulle kan die kinders opspoor.

Sandra ·

Ek verstaan nie die berig nie. Die man en vrou het met twee minderjariges geloop. Wat het dan van die kinders geword?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.