Man 23 jaar ná sy ‘dood’ agter tralies

Robbie Smith (Foto: Verskaf)

Drie en twintig jaar nadat ’n egpaar van die Oos-Rand na bewering die man se dood vervals en ’n nuwe lewe danksy ’n groot versekeringsuitbetaling aan die Tuinroete in die Wes-Kaap begin het, is albei nou agter tralies.

Robbie Smith, wat hom sedert sy kamma-dood in 1999 as Chris Boshoff voorgedoen het, en sy vrou, Alice Abigail, is Dinsdag in hegtenis geneem nadat Old Mutual twee jaar gelede ’n wenk ontvang het dat Robbie eintlik nog leef.

Die versekeraar het destyds R1,7 miljoen uitbetaal nadat Robbie kwansuis in ’n motorongeluk in Vosloorus in Gauteng omgekom het. Die egpaar het in daardie stadium in Benoni gewoon.

Robbie Smith se vrou, Alice Abigail. (Foto: Verskaf)

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, sê die egpaar het ná die destydse uitbetaling Gauteng stil-stil vir KwaZulu-Natal verruil voordat hulle hul eindelik op Knysna gevestig het.

Old Mutual het in 2020 ’n wenk ontvang dat Robbie egter nie werklik dood is nie. ’n Saak van bedrog is in Oktober van daardie jaar aanhangig gemaak en die Valke het die ondersoek oorgeneem. Ondersoekbeamptes het die egpaar op Knysna opgespoor en hulle is in hegtenis geneem.

Twee ongelisensieerde vuurwapens is tydens die inhegtenisneming in hul huis gevind en die egpaar word nou ook van die besit van ongelisensieerde vuurwapens aangekla.

Die egpaar verskyn na verwagting vandag (Woensdag) in die landdroshof op Knysna, waarna die saak na Gauteng oorgeplaas sal word waar die beweerde bedrog gepleeg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Manie ·

Al die jare se drama is sekerlik nie R1.7 miljoen werd nie.

Cherokee ·

Soos Laurika sê, moet dit nie vergelyk met vandag se waardes.

Oshol ·

Ha ha die arm van geregtigheid is toe korter as wat hulle gedink het . Uitgevang

Cherokee ·

Die arm van die gereg? Meer waarskynlik die tong van ‘n skinderbek.

Johan ·

Vuurwapens is inelkgeval amper onmoontlik om wetig te besit, sal dit nou nie regtig teen hul hou nie, maar dit is lekker skelm om jou dood te fop.

Koos 100 ·

Johan, jou stelling is nie heeltemal waar nie. Ek ken baie wapen eienaars en het nog nooit van een gehoor wat ‘n lisensie geweier is nie. Hulle is wel wetsgehoorsame mense met skoon rekords. As hierdie ou sy dood kon “fake” hoekom sal hy wette nakom?

Andre ·

En hoeveel het wapens opgegee oor die vereistes wat gestel word?

Johan ·

Beste Koos, Ek het n vuurwapen by n ou oom gekoop (dus my eiendom), die polisiekantoor weier om my aansoek(wat 110% voledig is) te vat, omdat die 92jarige eers die lisensie moet hernu, voordat ek mag aansoek doen. Ek moet dus maar wag tot hy sterf en dan aansoek doen vir diè huidige “onwettige” vuurwapen. Hoop jy bly lekker daar in die Weskaap waar goed nog werk, maar die res van ons moet maar dit vat soos dit kom.

Skappie ·

Wat mens nie sal vir geld doen nie. Dit is waar wat hulle se dat sekere goed altyd terugkom na jou toe.

Koos 100 ·

Al gaan ‘n leun ook so snel, die waarheid haal hom wel!

Nico ·

Ek praat nie goed wat hulle gedoen het nie maar wonder wie het nou weer geklik in die klas. Mense is tog so naganig op hulle medemens.

Janie ·

Niemand behalwe hulle sal weet hoekom hulle dit gedoen het nie. Dalk het hulle dit eerder as ‘n uitweg gesien as selfmoord om weg te kom van alles af en op ‘n ander plek oor gaan begin. In ‘n land soos SA kan ek ook verstaan hoekom sekere mense vuurwapens het sonder lisensie want dis makliker om dit so te kry vir beskerming as dit regtig moet, as wettig. Hierdie mense het nie ander dood gemaak vir geld nie. Hulle het ‘n kans gevat en dit het gewerk. Vir al wat ons weet, het hulle 23 jaar in liefde en vrede geleef sonder om iemand skade aan te doen. En die skinderbek, was die jaloerse ene wat dalk nie die son oor ‘n ander sien skyn nie. Behalwe vir wat hierdie mense gedoen het, lyk hulle vir my heel onskadelik en ek neem hulle glad nie kwalik nie.Net jammer hulle kan nou nie hulle ou dag in vrede leef nie. Alles danksy jaloesie. Ek voel jammer vir julle. En as julle dalk hier lees.. Baie sterkte

Andries ·

Ek stem hulle het nie moord gepleeg nie of ander te nagekom nie

Nie Verbaas ·

Net R1.7 miljoen? Magashule en kie het baie meer as dit verduister en loop nog vry. O ja, die man het nie ANC kaders nie. Hierdie twee is vakleerlinge teenoor die kaders.

Keelvol ·

Kan nie glo hoe mense in die kommentare dit goed praat nie….. dis bedrog en n kriminele oortreding.

Niklaas ·

Daar was dan tog sekerlik ‘n na doodse ondersoek gedoen op die liggaam in die motor. Al was dit verkool. Daardie jare was dit skaflike aftreegeld , baie min eintlik vandag. Hul moes tog ook familie lede hê wat haar weer wou besoek ?

T ·

Interesant vir so n klein bedrag na al die jare……wat doen die Valke omtrent Johan Malherbe van Amtenda Beleggings wat 280M verdoesel het in 2008 en nog vry rondloop in Graaff-Reinet asof niks gebeur het.

Barney ·

Wat vir my vreemd is, is dat sover my leke kennis strek, daar ‘n nadoodse ondersoek vir alle onnatuurlike sterftes gedoen moet word. Hoe is dit dan moontlik dat niks vreemds opgemerk is nie of het ek die kat aan die stert beet?

Retha ·

Goed, wat hulle gedoen het was oneerlik; maar “lets give the devil its due” : 10 uit 10 dat hulle daarmee weggekom het en vir so lank. Hulle is reeds oud; los hulle nou maar. Genade, jaag liewer die moordenaars en stelers van die staatskas en en en so kan mens maar voortborduur. Daar is werklik erger misdaad wat aandag kan kry. Net my mening.

honeybee ·

Alles goed en wel kan daar mee saamleef, al wat my pla en graag wil weet wie was in die kar? Of het die lykskouer saam met hulle gewerk en daar net n pop of niks in die kar was nie?

Heleen ·

Daar is vele ander gevalle soos die waar mense sulke dinge aanvang vir geld.. Selfs n polis uitneem op iemand se naam en jouself as begunstigde aanwys, en dan daardie persoon na jare laat doodmaak ..
Die berig het ook nou vele ander ook laat begin dink……

amapinki ·

Daar was tog seker ‘n lyk en doodsertifikaat van ‘n dokter? Wie was nog deel van die bedrogspul? Hulle kon onmoontlik alleen die bedrogspul uitgevoer het. Geld praat né en in dié korrupte land praat dit harder as gewetes.

Lillian ·

As jy soveel geld doerie tyd gekry het, hoekom het hull gebly in SA? ek sou lankal buiteland toe gevlug het.

pestilensie ·

Janee , pasop vir die hond naaste aan jou, hy byt die seerste ( die verklikker )

Hannelie ·

Die jare van wegkruip wys aan hulle. Geld kan nie gemoedsrus koop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.