ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is Vrydagaand ernstig beseer toe hy met sy motor in ʼn huis in Westville, Durban, vasgejaag het.
“ʼn Ligte motor het in die tuin van ʼn huis gestaan toe paramedici by die toneel in Rockdaleweg opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Die man het in die motor gelê. Hy was in ʼn ernstige toestand.”
Die man is versigtig uit die motor gehaal en het op die toneel behandeling ontvang. “Hy is daarna na King Edward-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie, het Meiring gesê.
Seker drank, deesdae baie ongelukke in Natal.
Was die ou onder die prop?
Die ou het seker nie die huis gesien nie.
So simpel huis! Dat hy nou gaan staan en voor die motor inspring!
Hy het seker die voertuig in die oprit gesien, sy fikker aangesit en hom verby gesteek.
Hahaha en dit nogal op ‘n sperstreep!
Skerp Rapes, baie skerp.
Hy wou seker gaan relings tref toe tref hy n muur.