ʼn 25-jarige man is Maandag in die Sheshego-streekshof buite Polokwane in Limpopo swaar gestraf vir die moord op die sakeman Ignat Oosthuizen in 2015.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê Alex Talent Chauke is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir moord.
“Hy is ook tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir huisbraak met die doel om te roof, 15 jaar vir poging tot moord, vyf jaar vir ontsnapping uit aanhouding en vyf jaar vir huisbraak en diefstal,” het Ngoepe gesê.
Oosthuizen is op 5 Mei 2015 in sy meenthuis in die Serala View-veiligheidswoonbuurt vermoor. Hy is voor sy vrou, Simoné, met ʼn mes doodgesteek. Hy is op die toneel dood. Simoné is ook met die mes gesteek en beseer. Die egpaar is in 2012 getroud.
Chauke is kort ná die moord in Bokstraat in die middestad van Polokwane in hegtenis geneem.
Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekspan geloof vir hul toewyding in die saak. Hy het die vonnis verwelkom.
Lees ek reg..POGING tot moord?? Maar hy is op die toneel dood verklaar??
POGING TOT MOORD OP IGNAT SE VROU
Die poging tot moord is op Simone sy vrou
Met ons oorvol tronke in gedagte, sal al die vonnisse heel waarskynlik saam met die 5 jaar vir huisbraak, uitgedien word.
Chauke is n tipiese Zimbabwiese van?
En al die vonnise word seker ook weereens almal gelyktydig uitgedien dus effektief 15 jaar – belaglik,
Wys maar net hoe verdraai hul als. Moord is poging tot moord. Glo hul weet regtig wat dit beteken nie.
Poging tot moord is seker dan rofspeel.
What ever! Bly reg en geregtig het geskied. Sterkte IGNAT.
Poging tot moord op die vrou mense .Sy was mos gesteek
Lyk vir my julle kan nie lees nie!
En na 10-12 jaar is hy uit vir goeie gedrag.Dan doen hy dit net weer.