Man in hof ná tref-en-trap in Bloem

‘n Foto van Jeremy Barnard wat sy ma, Rouve, op Facebook geplaas het.

ʼn 42-jarige man verskyn na verwagting later vandag in die landdroshof in Bloemfontein ná ʼn tref-en-trap-ongeluk waarin ʼn jong motorfietsryer van die stad verlede naweek ernstig beseer is.

ʼn Motoris het verlede Sondag omstreeks 01:00 teen Jeremy Barnard (20) op sy motorfiets gebots. Barnard het op die hoek van Nelson Mandelarylaan en Parfittlaan oor ʼn groen verkeerslig gery toe die ongeluk plaasgevind het.

Die motoris het na bewering nie stilgehou ná die ongeluk nie.

Sers. Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder, het gesê ondersoekers het die motoris Vrydag in De Aar opgespoor.

Hy word aangekla van roekelose en nalatige bestuur en verskyn later vandag in die hof, het Nkabi gesê.

Barnard is ná die ongeluk in die Universitas-hospitaal opgeneem. Rouve Barnard, Jeremy se ma, het op Facebook geskryf Jeremy word steeds onder verdowing gehou.

Hy sal na verwagting later vandeesweek onder meer ʼn skandering ondergaan en sukkel tans met hoesbuie. Dokters is egter tevrede met sy asemhaling, het sy geskryf.

Nóg ʼn jong motorfietsryer, Jason Pieters (22), is verlede naweek ernstig beseer toe ʼn voertuig hom die Saterdagaand van agter getref het waar hy op sy motorfiets by ʼn rooi verkeerslig gewag het.

ʼn Video van die voorval is op sosiale media versprei.

Pieters is steeds in die Pelonomi-hospitaal, maar herstel baie goed, het sy broer, Ryno, Maandag gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

honourable member ·

Laat hierdie man sommer die hospitaal onkostes ook betaal.

emily ·

Maak tog n voorbeeld van hom, Geen verskoning moet aanvaar word hoekom hy nie gestop het nie.

chrisjan ·

My vrou is fisies gestremd gelaat en met ‘n brein besering vir die res van haar lewe na 6 weke in ICU en 10 weke in rehabilitasie hospitaal agv ‘n man wat van agter af in ons vasgejaag het (feitlik presies soos in die geval).Hy kon nie weg jaag nie want sy Land Cruiser het omgeslaan na hy ons motor getref het.Hy het R500 boete betaal vir roekelose en nalatige bestuur en dis dit.Hy het nie eers aangebied om die R5000 se skade aan goedere binne ons motor te help betaal nie.EN hy is ‘n BLANKE!

JohanL ·

Chrisjan, stem saam met “wet”. Begin siviele eis teen hom. En as julle dan nou nie deur daai proses met onkostes wil gaan nie (prokureurs is mos duur), kan julle gerus die Hof vir Klein Eise oorweeg. As ek reg onthou is dit waar bedrae minder as R7000 ter sprake is. Nie jy of aangeklaagde mag prokureur gebruik nie, so daar is geen prokureursonkoste met die opsie nie. Julle verskyn in hof en albei kante stel hul saak. Die besluit is net so bindend as ‘n gewone hof. Al is dit net om jul R5000 wat jy van praat terug te kry – en om in ‘n hof te hoor wat hy gorrel.

chrisjan ·

Ons het ‘n eis teen die Pad Ongelukke Fonds ingestel en dan mag jy die skuldige NIE dagvaar nie =WET.Haar mediese kostes was R970,000 vir 4 maande in die 2 hospitale.

Jan ·

Die RAF is beperk tot mediese skade en sluit blikskade uit.maw jy kan die RAF dagvaar vir vergoeding van mediese onkostes, en nie vermoens skade soos psigologiese skade, indien die broodwinnaar dood is geld daarvoor maar die RAF sluit uit blikskade. Blikskade beteken skade aan voertuig. Jy mag die persoon steeds dagvaar vir blikskade want dit val buite die scope van RAF.

Gert van Wierdapark ·

Die motors se NAAM asseblief! Hy is op De Aar opgespoor = wie en wat is hy. “Name and shame” – hoekom moet die padvarke beskerm word???

Elna ·

Seker omdat die oortreders meer regte het as die slag offer. Net soos wat die krimenele meer regte het as die slagoffers in hierdie land. Land met dubbel standaarde

Swartluiperp ·

Ja die geldgierigges doen dit, maar niemand se geld of besittings word in die Hemelpoorte toegelaat nie. Daar sal vir hulle verantwoording aan enige misdaad gedoen moet word. Moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself sal doen nie.

HM ·

Arme jong manne xxx stetkte …… van die motoriste kan nie eers 60 in woongebiede ry ni. Kom op ons afgepyl wat reels nakom. Weg te ry na so n tragedie …
. Nee wat trek sy lisensie in permanent.

chrisjan ·

HM in so ‘n geval soos hierdie sou ek ook se sy lisensie moet opgeskort word want hy is ‘n krimineel.
Roekelose en nalatige bestuur moet verander word na poging tot moord.

Ook n ma ·

Versprei asb beeldmateriaal van DIE ongeluk ook…. Dis tyd dat die “man” ook aan almal bewys hoe ry n lafaard MUIS weg van iemand Wie hy omgejaag het en vir dood agtergelaat het, (en met passasiers gaan wegkruip het…?????) Hoekom meneer kruip jy soos n lamsak weg???? Jy is beslis NIE n held nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.