Man in luukse motor doodgeskiet

Die motor is Dinsdag vol gate geskiet en het deur die muur van ’n sakeperseel in La Lucia Ridge geploeg. (Foto: Emer-G-Med)

’n Man is dood nadat daar Dinsdag ’n menigte skote op sy luukse motor in die omgewing van Umhlanga in KwaZulu-Natal afgevuur is.

Die motor is vol gate geskiet en het deur die muur van ’n sakeperseel in La Lucia Ridge geploeg, voordat dit tot stilstand gekom het.

Daar is reeds sprake van ’n sluipmoord.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê die nooddiens en die polisie is kort ná 08:00 na die toneel in Armstronglaan ontbied.

Die motor is Dinsdag vol gate geskiet en het deur die muur van ’n sakeperseel in La Lucia Ridge geploeg. (Foto: Netcare 911)

Die gewonde man is met paramedici se aankoms op die toneel in die motor gevind en dood verklaar.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, wat ook op die toneel gereageer het, sê die man is verskeie kere geskiet.

“Volgens medici het die voertuig teen ’n pilaar tot stilstand gekom en was dit oortrek van koeëlgate wat volgens sekerheidsbeamptes waarskynlik van ’n grootkalibergeweer afkomstig is.”

Herbst sê berigte dui daarop dat dit moontlik ’n sluipmoord was.

Man in motor doodgeskiet La Lucia

Die nooddienste Dinsdag op die toneel. (Foto: Netcare 911)

Dit is nie duidelik presies hoe oud die oorledene was nie.

Die polisie was vanoggend op die toneel om ondersoek in te stel.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het by navraag aan Maroela Media gesê die omstandighede rakende die skietvoorval is nog onduidelik en die polisie ondersoek ’n saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Di ·

Sterkte aan die onskuldige slagoffer se familie! Kriminele het die land oorgeneem, daar is GEEN toekoms meer in “sodom en gamora” nie. Useless Cele moet sy pie vat en waai so ook die hele spul in die useless ANC regering

Jakes ·

Medelye aan die slagoffer se familie. Maar net nog een van die nuwe en berugte stokperdjies wat deesdae in SA beoefen word. N staat wat deur misdadigers regeer word.

Hoekom ·

Geweld is ‘n land se voorland as dit regeer word deur ‘n Cartel wat net hul eie sakke wil vul…

Pieter ·

Cele is iewers op die strand sleg anc menisters wat mos als kan doen.Dan betaal die belastingbetalers nog die sleg anc menisters wat nie weet wat is een plus een nie.

Linx ·

Sluipmoord beslis!gun onskuldige persoon word soveel Keer geskiet nie…dai is dood seker maak skote

Perdeby ·

Dit gaan nou weer rof daar in KZN iemand staan nou weer in iemand se pad.

Shakespeare ·

BEE wat suur geword het. Hulle het seker nie hulle deel van die “pie” gekry nie. Peperduur motor = BEE korrupsie. Dis algemeen deesdae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.