Man met sakke vol perlemoen betrap

(Foto: Verskaf)

ʼn 26-jarige man van Gqeberha is Woensdag by ʼn voertuigkontrolepunt op die N6 in hegtenis geneem nadat hy met 16 sakke perlemoen (meer as 700 stuks perlemoen) betrap is.

Lede van die Xhariep-distrik se operasionele bevelsentrum het om 07:45 ’n sedan met ʼn Oos-Kaapse registrasienommer voorgekeer. Die motor is deursoek, waarna 16 sakke perlemoen gevind is. Die bestuurder was glo onderweg na Bloemfontein.

Hy sal na verwagting binnekort in die Reddersburg-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van perlemoen.

Die polisie het ook op die motor beslag gelê.

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.