Man ná maande steeds vermis

Dean Francois Benade (Foto: Verskaf)

Die Oos-Kaapse polisie vra die publiek om hulp nadat ʼn maande lange soektog na ʼn vermiste man van Gqeberha nog niks opgelewer het nie.

Dean Francois Benade (49) is sedert November skoonveld.

Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê Benade is op 10 Oktober verlede jaar uit die provinsiale hospitaal in Mount Croix in Gqeberha ontslaan. Hy het egter nooit na sy huis in Pari Park in die Baai teruggekeer nie.

Vriende van Benade het hom wel op 9 November in die omgewing van dié hospitaal gesien. Nadat hy teen Nuwejaar steeds nie tuiswaarts gekeer het nie, het Benade se lewensmaat hom in Januarie vanjaar as vermis aangemeld en is ʼn soektog van stapel gestuur.

Janse van Rensburg sê die polisie doen ʼn beroep op enigiemand wat kan help om Benade op te spoor, om ao. Faith Swarts by 084 622 0935 te bel. Inligting kan ook op die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 of by die naaste polisiestasie aangemeld word.

Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.

Dean Francois Benade (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yolandie ·

Die vermiste persoon se lewensmaat meld hom eers as vermis aan in Januarie, maarhy is al steeds sedert November skoon veld. Hoe wag jy amper 2 maande voor jy polisie toe gaan???? Dit maak nie sin nie.

Marcello ·

Ek kan nie verstaan nie, hoekom wag tot 23 Jan. 2023 om hom as vermis aantegee.?

Veronika ·

Okay, hy is al October uit die hospitaal ontslaan, nooit huis toe gekeer, net iewers gesien in November, maar word eers in Januarie as vermis aangemeld deur die sogenaamde lewensmaat, enige mens sal jou lewensmaat dieselfde dag wat hy nie huis toe kom na n hospitaal ontslag, aanmeld as vermis! En hoekom het jy as sy lewensmaat hom nie by die hospitaal gaan haal met sy ontslag nie?? Hier vrot iets!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.