Man skuldig aan talle inbrake in Nelspruit

Daniel Wagenaar (32) is op sewe aanklagte van huisbraak en diefstal skuldig bevind. (Foto: Valke)

‘n 32-jarige man is in die Nelspruit-distrikshof in Mpumalanga op sewe aanklagte van huisbraak en diefstal skuldig bevind.

Daniel Wagenaar moet op 14 Oktober weer in die hof verskyn waar ʼn voorvonnisverslag aangehoor sal word.

Wagenaar is in Maart vanjaar in hegtenis geneem nadat vingerafdrukke hom met ’n inbraak by die Valke se kantoor in Mbombela (Nelspruit) op 6 Maart verbind het.

Hy het ook versuim om op 9 Maart in verband met twee ander huisbraak- en diefstalsake by die hof aan te meld. Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, polisiewoordvoerder, hou dié sake verband met twee voorvalle wat onderskeidelik in Julie 2019 en Desember 2021 plaasgevind het.

Die Valke het op dieselfde dag ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming bekom en Wagenaar kort daarna by sy wegkruipplek opgespoor.

Hy is sedertdien in aanhouding en sal binnekort gevonnis word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Phillip ·

Ai ai nou se ek net mooi niks meer nie . Mag hy maar vrot in die tronk

Kiewiet ·

Nee regtigwaar hy lyk v my heeltemal gesond en sterk genoeg om te werk v wat hy in de lewe soek..nie om mense wat hard werk v hulle besittings skaamteloos te beroof nie..ek wonder hoe voel j moeder jongman!!!

Alexander ·

Ja daar’s te veel werk en nie genoeg werkers nie en selfs ‘n arbeider kan soos ‘n koning lewe met sy lone in Suid-Afrika

Skadu ·

Lees ek reg, het hy by die Valke se kantoor ingebreek.

Indien so sit daar dalk meet agter die saak as net gewone “inbraak”..?

Harley Davidson ·

Nee meneer,ons is nie so ons werk vir wat ons wil hê of nodig het.

Alexander ·

Ja werk is volop en werkloses net sleg en lui veral die blankes

Niklaas ·

Dis een raaisel waarom jongman met so ‘n netjiese voorkoms , misdade soos daai uitvoer. Ek het vermoede wat betref die rede , maar swyg eerder.

Swerwer ·

Hoe …………………….ek verstaan nie. Iewers in sy kop moet daar ‘n groot skroef los wees.

TRP ·

Ek vind sy dade afkuwelik en pateties vir ‘n jong man maar vind dit ook vreemd dat dit juis die nuus haal. Daagliks is daar duisende inbrake maar die 1% word oor berig, ek wonder hoekom…

Klein Karoo Loper ·

Jul plaas nooit sulke duidelike fotos van die plaas moordenaars nie?

Danie ·

Hy dan n geharde misdadiger nie gedink aan vingerafdrukke of wou hy die gereg toets.As jy ligkleurig is dan doen die sapd extra moeite om jou toe te sluit.

LIEZL ·

Ja, 1 ou wat gevang is vir inbraak en foto word gepubliseer, maar as jy moord pleeg op plase, dan mag jou foto nie gepubliseer word nie

Kruidjie-roer-my-nie ·

Is die ” South Africa’s Dumbest Criminals ” ? Breek by die Valke in nogal! Lol

Klein Karoo Loper ·

Skynheiliges wat kommentaar lewer! Weet ons of die jong man werk kry en weet ons hoe lyk sy ondersteunings netwerk. As jy jou oorvreet aan kos en jou buurman sien honger lei is jy ook skuldig. As jy pornografie kyk is jy ook skuldig. As jy jou God ontheilig deur na Hollywood se flieks te kyk is jy ook skuldig. As jy jou mond hou omdat homoseksualiteit in jou kerk opgerig word, is jy ook skuldig. As jy getroud is en jou buurvrou begeer is jy ook skuldig. As jy weet van pedofiele in geheime organisasies en stilbly daaroor is jy ook skuldig. As jy seks buite die huwelik het is jy ook skuldig. As jy jou selfoon verafgod is jy ook skuldig. As jy elke naweek dronk is saam met vriende, is jy ook skuldig. Wie van ons kan vinger wys???

Vanessa ·

Wonder waarom hy nou by die Valke se kantoor sal inbreek!!!!

Jaco ·

Ek praat nie sy stelery goed nie, MAAR so lyk regstellende aksie. Jy soek werk dag na dag, maand na maand en jaar na jaar, maar al wat jy hoor is “jy is nie deel van die aangewese groep nie” (mooi woorde vir jy is ongelukkig wit) en “ons personeelsamestelling moet die nasionale demografie weerspieël”.
As ons wit mense se belastinggeld dan nie meer goed genoeg is nie, waarom deporteer die ANC ons dan nie? Ek sal met liefde van vooraf begin in Europa of Amerika of Kanada of Australië. Meriete, ondervinding en opleiding tel daar; NIE die alewige gehamer op die “regte” velkleur nie.

Sandra ·

Wow hy het ‘n paar om by die Valke se kantore in te breek.

Perdeby ·

Ek dink daar sit meer agter al die inbrake, want hy het by die Valke se kantore ook ingebreek! Sit maar my ou ek kry net jou ouers jammer.

Cobus ·

Hulle vang party mense van die samelewing darem maar vinnig ne! En fotos is altyd beskikbaar van hoe daardie persoon lyk. Wens dit gebeur met die grootste deel van die samelewing ook.

Delia ·

Hulle kan sy foto wys. Hy is klaar skuldig bevind deur vingerafdrukke.
Baie dankie SAPD.

Hennie ·

Skandvlek van die Afrikaner volk. Mog hy nooit weer uit die tjoekie kom nie.

yahneh ·

Hy kom so ordentlik voor, laat my wonder wat in sy lewe verkeerd geloop het…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.