Man sterf toe goederetrein hom tref

(Foto verskaf deur Rusa)

ʼn Man, in sy 30’s, is Saterdagoggend dood toe ʼn goederetrein hom in Rockford, KwaZulu-Natal, getref het.

ʼn Werknemer van ʼn privaat sekuriteitsmaatskappy het Reaction Unit South Africa (Rusa) omstreeks 07:37 gekontak en mediese bystand versoek.

Rusa-paramedici is dadelik ontplooi en die slagoffer is op die toneel dood verklaar. Hy het verskeie kopbeserings opgedoen en traumatiese beserings aan sy regterbeen. Sy regtervoet is geamputeer.

Volgens ʼn veiligheidsbeampte het die goederetrein die man omstreeks 04:00 getref. Hulle wou mediese hulp ontbied, maar was onsuksesvol. Hulle het daarna Rusa ontbied.

Omstanders het aan Rusa-beamptes gesê die oorledene is ʼn bekende dwelmgebruiker in die gebied.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.