ʼn 41-jarige man is Woensdagoggend in Limpopo in hegtenis geneem nadat hy glo sy 38-jarige meisie verlede Sondag aan die brand gesteek en sy later in die hospitaal gesterf het.
“Die verdagte en sy meisie het glo Saterdagaand baklei,” het kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het vlambare vloeistof oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek.”
Volgens Makhubele het die man ná die voorval na Limpopo gevlug waar hy omstreeks 02:00 in hegtenis geneem is danksy inligting deur die gemeenskap.
Die verdagte staan tereg op aanklag van moord en sal binnekort in die hof verskyn.