Mandela-kleindogter sterf

Zoleka Mandela (Foto: Zoleka Mandela/Instagram)

Zoleka Mandela, die kleindogter van oudpres. Nelson Mandela en Winnie Madikizela-Mandela, is Maandagaand dood. Sy was 43 jaar oud.

Zoleka het ʼn lang stryd teen kanker gevoer en is ʼn week voor haar dood in die hospitaal opgeneem. Sy het in daardie stadium behandeling ontvang vir metastatiese kanker van die heup, lewer, long, pelvis, brein en rugmurg.

Zoleka se dood kom ʼn dag voor wat haar ouma Winnie se 87ste verjaardag sou wees.

Die Nelson Mandela-stigting het intussen sy medelye met die Mandela-familie betuig.

“Zoleka was ʼn onvermoeide aktivis vir gesondheidsorg en geregtigheid. Haar werk in die bewusmaking van kankervoorkoming en haar onwrikbare toewyding om die stigma rondom dié siekte af te breek, sal voortgaan om ons almal te inspireer.”

Zoleka het in 2013 ʼn memoir, When Hope Whispers, gepubliseer waarin sy openhartig gesels oor haar jarelange stryd teen onder meer borskanker.

Zoleka se ma, Zindzi Mandela, dogter van Nelson en Winnie en Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, is in Julie 2020 op die ouderdom van 59 dood.

“Zoleka het ʼn vegtersgees en ʼn sagte siel soos haar ma en ouma gehad,” sê Lerato Ngobeni, woordvoerder van ActionSA. “Suid-Afrika se jeug is baie ryker omdat sy geleef het, en soos haar voorvaders het sy nie gesterf nie, maar net groter geword.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Karoo ·

Dis darem jonk, daar kan defindetief meer bewusmaking wees onder ons medemens want dis nie net ‘n siekte vir net ‘ n sekere ras nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.