Mango se vlerke toe nie geknip

Argieffoto (Foto: Bluesnap, Pixabay)

Gesprekke duur voort tussen die Mango laekostelugdiens en SAL Tegnies ná dit aan die lig gekom het dat Mango-vlugte Saterdagaand om middernag opgeskort sou word.

SAL Tegnies het sy dienste aan Mango onttrek weens niebetaling.

Die lugdiens se volledige vloot sou Saterdag gehok word.

“Mango kan bevestig dat belangrike en sensitiewe gesprekke voortduur tussen Mango en SAL Tegnies om enige dispuut op te los,” het die lugdiens in ʼn verklaring gesê. “Mango se bedrywighede duur soos normaalweg voort. Kliënte kan Mango se webwerf dophou vir enige veranderinge aan vlugstatus. Ons bly daartoe verbind om alle passasiers na hul onderskeie bestemmings te vervoer soos beplan.”

Tlali Tlali, woordvoerder van die SAL, het ook gesê ʼn rits vergaderings sal oor die naweek plaasvind met die lugdiens in ʼn poging om die kwessie op te los.

Plaaslike vlugte het onder vlak 1 van die afsonderingsregulasies hervat.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.