Maroela Media het op 26 Junie elke kleuter by die Teletubbies-dagsorgsentrum in Pretoria-Noord verras met ‘n geskenkpakkie. Maroela Media het vroeër vanjaar dié dagsorgsentrum onder sy vlerk geneem.
Teletubbies, wat deel is van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF), sien om na hulpbehoewende kinders. Maroela Media het geskenkpakkies met splinternuwe winternagklere, pantoffels, ʼn kamerjassie en nog vele meer aan elke kind by die dagsorgsentrum oorhandig.
Persone wat van die projek te wete gekom het, het ook ʼn bydrae gelewer en Teletubbies het ook ‘n speelmat, speelklei, verf, inkleurboeke, speelgoedteekoppies, handdoeke en waslappe ontvang.