Daar is ‘n groot groep nuwe emigrante wat die afgelope paar weke na Limpopo verhuis het. Hulle kom van so ver as Kenia en Suid-Asië, en hulle het almal vier pote.
Lees meerAlles vir Vrydag 27 Junie 2014
Video: Ontgroening by NWU verbied
Alle ontgroeningspraktyke by die Noordwes-universiteit is verbied, al het ‘n onafhanklike taakspan bevind die omstrede Nazi-saluut wat tydens ontgroening op die Potchefstroom-kampus gebruik is, is nie ‘n fascistiese gebaar nie.
Video: Pa hoor regstreeks op TV sy vermiste seun is veilig
ʼn Pa van Detroit in Amerika is regstreeks op televisie in kennis gestel dat sy vermiste seun in hulle huis se kelder opgespoor is. Die stiefma is intussen in hegtenis geneem.
E-tol in Gauteng gaan hersien word
David Makhura, premier van Gauteng, het Vrydag planne aangekondig om e-tol in die provinsie te hersien
Twee sussies sterf in Bloem-ongeluk
Twee sussies, onderskeidelik drie en 10 jaar oud, is Vrydagmiddag dood en hul ma en ouma beseer toe hul motor op die N6, 30 km buite Bloemfontein gerol het.
Verhoging in petrolprys aangekondig
Die departement van energie het Vrydag gesê die petrolprys sal volgende week Woensdag met 29 sent styg.
ʼn Luiperd van ʼn ander kleur
Akwaaba Lodge en Roofdierpark net buite Rustenburg in Noordwes, huisves nou die eerste donkerblondkleurige (strawberry) luiperd, wat in aanhouding gebore is.
Video: Kul jou hier, kul jou daar
ʼn Kulkunstenaar het onlangs beoordelaars van die televisieprogram America’s Got Talent se monde laat oophang en dié video maak nou opslae op sosiale media. Sy kulkunsies is reeds meer as 8.5 miljoen keer op YouTube gekyk.
Liefdesdriehoek eindig in dubbele selfmoord
Morné de Bruin (34) is Donderdag uit die NG Kerk Culembeeck in Witpoortjie, Roodepoort, begrawe ná ʼn liefdesdriehoek glo in ʼn dubbele selfmoord geëindig het.
Lonmin-werker sterf glo weens epilepsie
ʼn Lonmin-werker is dood nadat hy glo by die myn se K3-opleidingsentrum ʼn epileptiese toeval gekry het.
Baie gebruik laggas om partytjies op te kikker
Is ‘n opskop te saai om die gemoed bietjie te lig? Geen probleem nie, neem net ʼn teug of wat laggas, en die partytjie is ‘n hele ander gedoente.
Woord: poena
Het jy geweet die woord “poena” verwys ook na ‘n olifant sonder tande of dier sonder horings? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.
Maroela Media verras dagsorgsentrum
Maroela Media het op 26 Junie elke kleuter by die Teletubbies-dagsorgsentrum in Pretoria-Noord verras met ‘n geskenkpakkie.
Hof verwerp Christoff Becker se aansoek
Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-4, se dringende aansoek om weer op parool vrygelaat te word, van die hand gewys.
Foto’s: Kaapschehoop se rykdom
Marianne Styan nooi jou om gerus by Kaapschehoop in Mpumalanga te gaan kuier: of dit nou vir die staproetes en wilde perde is of selfs om die hele dorpie uit te huur vir jou troue. Loer gerus na die mooi foto’s onderaan die berig.
Infiniti Q50 – pragtig en stylvol
Die onlangs bekendgestelde Infiniti Q50 word deur sy invoerders as ‘n sportsedan beskryf. Hierdie aanspraak is waarskynlik hoofsaaklik te danke aan sy sportiewe vermoëns, eerder as sy voorkoms, want dis ‘n luukse sedan in die ware sin van die woord.
Troosdiens vir Bloemfonteiner wat in VSA sterf
‘n Troosdiens is Vrydag in Bloemfontein gehou vir die jong Suid-Afrikaner wat onlangs in die VSA in ‘n fratsongeluk in ‘n graansilo dood is.
Padindrukke: Hyundai Grand i10 1,2 Fluid
Die afgelope tyd is daar ‘n oplewing in die mark vir intreevlak-motors wat groter as motors soos die Kia Picanto, die Chevrolet Spark en die Suzuki Alto is, maar wat voldoen aan die behoeftes van diegene vir wie ruimte en waarde vir geld van kritieke belang is.
Franse chic met gehaltebyvoeging
Bernard K Hellberg rekend die Picasso is een van daardie voertuie wat die potensiaal het om later vanjaar ‘n Motor van die Jaar-finalis te wees. Lees sy padindrukke oor dié motor.
Seun vas oor pa se ontbinde liggaam in bad
ʼn 20-jarige man is in hegtenis geneem nadat sy pa se ontbinde liggaam Donderdag in ʼn bad in sy huis in Rustenburg, Noordwes, opgespoor is.