Metrobeamptes in hof na hul glo dreig om kleuter te skiet

Die beampte wat glo by die voorval betrokke was.

Die beampte wat glo by die voorval betrokke was.

Twee Tshwane-metropolisiebeamptes wat glo gedreig het om ʼn driejarige meisie te skiet, het Woensdag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak is tot Donderdag uitgestel. Die saak teen een van die beamptes is teruggetrek aangesien hy nie direk met die voorval verbind kan word nie. Die ander beampte het glo erken dat hy die kind gedreig het maar voer aan dit was om haar stil te maak.

Maroela Media het Dinsdag berig die kleuter, Veronique, moet berading ontvang nadat die beampte glo gedreig het om haar te skiet. Alles het begin skeefloop toe die kind se ma, Magda Robbertse, na bewering geweier het om omkoopgeld aan die beampte te gee. Sy het haar kinders by die skool gaan haal toe die beampte haar naby die Zandfontein-begraafplaas in die weste van Pretoria van die pad afgetrek het. Hy het omkoopgeld geëis omdat sy nie ʼn rybewys gehad het nie. Magda het gesê sy het nie kontant nie, waarna die beampte haar handsak gegryp het wat op die vloer gelê het.

Die beampte het daarna glo ook die asbakkie van die voertuig hardhandig uitgeruk, en na bewering die nagenoeg R80 kontant wat daarin was, gegryp. Veronique het geskrik en begin huil, waarna die beampte sy hand op sy vuurwapen aan sy heup gesit het, en in Afrikaans gesê het ‘bly stil of ek skiet jou’. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

lorayne ·

‘Die ander beampte het glo erken dat hy die kind gedreig het’ Dankie, maar ek sien nie jou erkenning as ‘n gebaar van eerlikheid nie! AS jy eerlik was, was daar nie nou ‘n 3 jarige getraumatiseerde kind nie, en jy was ook nie in die Hercules hotel ingeboek nie. . .
Ek hoop hulle maak ‘n GOEIE voorbeeld van jou!

Eish! ·

Goed, hy het erken dat hy die kind gedreig het om haar stil te maak. Ons almal weet dat kinders soms ‘n keel kan opsit. MAAR wat het die kind in so toestand gekry dat sy geskree of gehuil het? Mnr. die poliesman, wat het jy in die kar gesoek? Jy moes met jou notaboek/oortredingsboek buite die voertuig gestaan het en ‘n kaartjie geskryf het? Wie gee jou die reg om die vrou se asbakkie leeg te maak of om haar handsak te hanteer? Nou word al die aandag op die kleuter gevestig en die saak dat hy ‘n PLEIN en EENVOUDIGE DIEF is, word volgens my bietjie vergeet. Volgens my is dit eerder ‘n diefstalsaak met die voorbedagte rade om te moor ook saam die diefstal en ‘n vernedering van ‘n regerings instansie. Dalk moet alle werknemers wat in die staatsdiens werk en die staat in ‘n vernederende situasie plaas agv diefstal, verkragting, moord en korrupsie, met die doodstraf gestraf word. Dan sal die staat skoon wees van korrupsie binne 6maande.

Deon ·

Nee, ek is jammer maar hierdie lae lafhartige skurk wat ‘n onskuldige vrou en klein kind so behandel, is die naam “polisiebeampte” nie werd nie. Dit is die tipe skuim wat in “polisie vermomming” rondloop wat aangestel word om die land se burgers te beskerm?? Dit is om van naar te raak, kriminele in uniform, dis wat hulle is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.