Michael Schumacher sterk glo aan

Michael en Corinna Schumacher Foto: jogadaensaiada.com.br

Michael en Corinna Schumacher Foto: jogadaensaiada.com.br

Michael Schumacher se vrou het gesê haar man sterk aan nadat hy verlede maand uit ʼn koma wakker geword het en na ʼn hospitaal in Switserland oorgeplaas is.

Corinna het, vir die eerste keer sedert Schumacher se ski-ongeluk op 29 Desember 2013, met die media gepraat. Sy het aan die Duitse tydskrif, Neue Post, gesê haar man se vordering is bemoedigend. “Sy toestand verbeter, en stadig maar seker is daar vordering,” het sy gesê terwyl sy ʼn perdrytoernooi bygewoon het.

Die voormalige F1-kampioen was 170 dae lank in ʼn hospitaal in Grenoble nadat hy sy kop teen ʼn klip gestamp toe hy geval het. Hy was vir die grootste gedeelte van dié tydperk in ʼn koma en het baie gewig verloor. Hy is stadigaan weer uit die koma wakker gemaak en op 16 Junie na ʼn hospitaal in Lausanne oorgeplaas wat in breinbeserings spesialiseer. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.