Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe het ontken dat die Mugabe-familie immuniteit gekry het, maar het wel gesê sy administrasie sal alles moontlik doen om te verseker dat die voormalige presidentsgesin in vrede leef en nie gepla word nie.
“Ons het vir niemand immuniteit gegee nie. Wat ek aan my vorige president, die ‘founding father’ van ons nasie, belowe het, is dat ons vir hom ʼn baie winsgewende pakket gee,” het Mnangagwa tydens ʼn sessie by die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) in Davos gesê.
Mnangagwa het gerugte dat Mugabe ʼn $10 miljoen-betaling ontvang het, ontken en gesê dit is net die media wat dit berig.
“Daar is geen syfer nie. Dit is ʼn ooreenkoms dat hy aanhou om sy salaris te ontvang, sy toelae soos voorheen, veiligheid, dinge van daardie soort. Eersteklasreise,” het hy gesê.
Mnangagwa het ook gesê hulle sal sorg dat hy by Singapoer uitkom vir “mediese kwessies en al daai dinge”.
Mnangagwa het by Mugabe oorgeneem in November ná die 93-jarige Mugabe onder druk van Zanu-PF, die weermag en die publiek bedank het.
Die skurk hoort agter trails… die doodstraf sou beter gewees het, nou word hy maar weereens beskerm
As hy nou nog geld moes terwyl sy mense krepeer dan kon hy maar net sowel aan bewind gebly het.
Ek kry die indruk dat hulle tipies politikus Mugabe se packet gaan uitwerk sodat dit in die toekoms die norm gaan wees vir uitgeskopte Presidente. Winsgewende Pakket na soveel diefstal en korrupsie. Afrika Standaarde gaan Afrika vernietig.
Hierdie man probeer geld in die hande kry vir sy land maar hy is net so groot skurk soos sy voorganger. Hy en sy voorganger hoort in die tronk
Afrika leiers sal bly aanhou met korrupsie menseregte skendings ensv. Omdat daar geen vervolging teen hulle is nie.
Mense neem in gedagte dis Afrika.Ek stem met Ja-nee hierbo saam en die ergste is die land se inwoners kom nie in opstand nie,