Kaapstad en sy desperate stryd om te verhoed dat die stad sonder water sit, is ʼn klimaatsverandering-ramp, het die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, Switserland, gehoor.
Lees meerAlles vir Donderdag 25 Januarie 2018
Vieringe gereël vir wyle Hugh Masekela
Die Suid-Afrikaanse jazz-legende Hugh Masekela se begrafnis sal ʼn privaat funksie wees, maar daar word ʼn rits huldeblykgeleenthede gereël om sy lewe te vier.
Waar het krieket vir SA verkeerd geloop?
Eers Nuweland, toe Supersportpark en nou die Wanderers.
Skolier sterf tydens tref-en-trap
“ʼn Lugwaardin was besig om KPR op die meisie toe te pas toe paramedici by die toneel opgedaag het.”
Raamwerk van staatskaping-ondersoek bekend gemaak
Die langverwagte raamwerk van die geregtelike kommissie van ondersoek oor bewerings van staatskaping is Donderdag bekend gemaak.
Namibië stel nuwe rugbybase bekend
Namibia Rugby Limited (NRL) het Vrydag in Windhoek die aanstelling van ʼn hoof- uitvoerende beampte (HUB) en die sekondering van ʼn hoofbestuurder vir hoë prestasie aangekondig.
Brian Molefe ‘wil net die land dien’
Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, is ʼn tevrede man wat net die land wil dien, het sy prokureur Barry Farber Donderdag gesê, ná ʼn verdoemende uitspraak in die Pretoriase hooggeregshof.
Mooinooi-vroue: Hof hoor oor ‘marteling’, inkopies met bankkaart
“Die polisiebeamptes wou by my hoor wat ek van die saak weet. Ek het vir hulle gesê ek weet niks nie. Hulle het ʼn plastieksak oor my kop getrek sodat ek nie asem kon kry nie en my aangerand.”
Dlamini het regsadvies geïgnoreer, hoor ondersoek
Dlamini bly ontwykend op die vierde dag van die ondersoek oor die Sassa-toelaagkrisis.
ToekomsVenster: Geld en God langs mekaar
Here, ek besef dat geld deel van die lewe is. Help my egter om altyd U koninkryk eerste te stel.
Vermiste Pta-man se voertuig gevind
“Alles was soos dit altyd is, hy het ons normaal gegroet – daar was nie enige tekens nie.”
Man gevonnis wat 2-jarige verkrag, wreed vermoor
WAARSKUWING: Die berig bevat grafiese inhoud en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.
Die wêreld in foto’s – 25 Januarie 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Hoërskool Overvaal: Klag gelê oor FB-inskrywing
ʼn Skermskoot van dié inskrywing is sedertdien wyd op sosiale media versprei.
Beweerde ‘klipgooiers’ op heterdaad betrap
Dié inhegtenisnemings volg ná vyf voorvalle in minder as ʼn maand waar bestuurders ernstig beseer of dood is nadat ʼn klip vanaf ʼn brug gegooi is.
Pretoria-optog: Polisieminister vir beskerming gevra
Die Stad Tshwane het Fikile Mbalula, die minister van polisie, en die nasionale polisiekommissaris genader om beskerming vir inwoners en ondernemings in die Pretoriase sakesentrum te versoek nadat ondernemings glo gedreig is in aanloop tot die protesoptog wat vir Vrydag beplan word.
Australiese Ope: Čilić stamp Edmond uit sy pad
Die Kroaat Marin Čilić staan vierkant in Roger Federer, of dalk nog die Suid-Korean Hyeon Chun se pad in Sondag se eindstryd van die Australiese Ope-tennistoernooi.
Skandaal by kameel-skoonheidskompetisie: 12 gediskwalifiseer
Twaalf kamele, wat deel was van 30 000 kamele wat aan ʼn skoonheidskompetisie, die King Abdulaziz-kameelfees in Saoedi-Arabië, is gediskwalifiseer vir botoksgebruik.
Barbie-pop nou deel van vinknes
Dié foto’s het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.
Langtermyntoets: Katse tot Margate via Sanipas
Die slote en hobbels is só erg dat sy vrou haar sin vir humor heeltemal verloor het – maar dié Hilux het nie ʼn enkele keer teleurgestel nie, skryf Brendon Staniforth.