ʼn Reeksoorwinning van 2-1 oor Engeland is die sakkie, maar die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, se wenpersentasie van 50% lyk glad nie so rooskleurig nie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "derde toets"
Nuwelandtoets: waak tog teen vinnige Engelse wegspring
Suid-Afrika sal Saterdag op Nuweland slegs vir die derde keer in ʼn toets teen Engeland te staan kom. In albei die vorige toetse het die Springbokke met 18 punte gewen.
All Blacks verander 11 vir derde Franse toets
Soos verwag is, het die All Blacks se afrigter, Steven Hansen, mildelik gesnoei aan sy span en 11 veranderinge in die wedstrydgroep van 23 vir die toets aangebring.
Nuweland: Rassie sal kies met diepte in gedagte
Dis nie ideaal nie, want ʼn toets is ʼn toets. Maar sedert die eerste Wêreldbeker-toernooi 31 jaar gelede, het die agendas van afrigters, onder meer wat beter spankies betref, heeltemal verander.
Moenie die kolfblad blameer nie, Proteas!
Die laaste nege paaltjies binne 53 lopies het die ou vet tannie uit volle bors aan die sing gesit en gesorg dat Indië die derde kriekettoets Saterdag op die Wanderers met 63 lopies wen.
Wanderers: die stryd gaan voort!
Die derde kriekettoets tussen die Proteas en Indië, wat in die weegskaal was nadat die Wandererskolfblad Vrydag ʼn hele paar keer die bal gevaarlik van ʼn goeie lengte laat spring het, gaan voort.
Waar het krieket vir SA verkeerd geloop?
Eers Nuweland, toe Supersportpark en nou die Wanderers.
SA snelarsenaal verinneweer Indië op vinnige Wanderers
Die Proteas se snelarsenaal het Indië op die eerste dag van die derde toets op ʼn groen Wanderers kolfblad uitmekaar geboul met Indië wat darem die troos van ʼn vinnige Suid-Afrikaanse paaltjie gekry het.
Indië sal moet veel, veel beter speel
Aiden Markram is fiks en sal die Proteas se kolfbeurt open, en die Proteas se leierskorps het nog nie besluit of hulle met sewe kolwers en vier spesialisboulers sal speel of eerder vir Andile Phehlukwayo in Keshav Maharaj se plek sal inspan nie.
Besering(s) sal Proteas se spankeuse beïnvloed
Met kolfblaaie wat feitlik net so ʼn belangrike rol in spankeuse as die spelers se peil speel – hoewel SuperSportpark moontlik verkeerde spankeuses tot gevolg gehad het – moet die Proteas se keurders voor Woensdag weer raakvat.