Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op die 25-jarige Deon de Bruyn wat ʼn week gelede op ʼn plaas naby Komatipoort in Mpumalanga doodgeskiet is.
Lees meerAlles vir Sondag 24 Junie 2018
Formule Een: Hamilton gryp die inisiatief in Frankryk
Die Franse Formule Een Grand (die agtste wedren van die seisoen) is Sondag op die Paul Ricard Le Castellet-baan in Frankryk afgehandel.
DA: Oud-Prasa-hoof moet 350%-verhoging terugbetaal
Die DA wil by Blade Nzimande eis dat die voormalige waarnemende uitvoerende Prasa-groepshoof “elke sent” van sy 350%-salarisverhoging met rente terugbetaal.
SuperSportreeks se kwarteinders bepaal
Die spanne vir die kwarteindronde van die SuperSportreeks is bepaal sonder om juis verrassings op te lewer.
Polisie soek leidrade ná man, vrou se dood
Die polisie in Gauteng is op soek na ʼn onbekende verdagte wat glo verantwoordelik is vir die dood van ʼn man en vrou van dié provinsie.
Grondonteiening sonder vergoeding: Verhore begin dié week
Die parlement het Sondag gesê insette waarvan die outeur nié geïdentifiseer word nie, sal as ongeldig verklaar word.
Boer verloor lewe in nóg ʼn plaasaanval
ʼn Boer van Rustenburg in Noordwes het dié naweek sy lewe in nóg ʼn plaasaanval verloor – die derde sterfte in ʼn plaasaanval binne net 24 uur.
‘Dapper motorwag’ trek rower vas
Die polisie het dié week ʼn “dapper motorwag” geloof nadat hy ʼn man vasgetrek het wat oomblikke vantevore saam met twee ander verdagtes ʼn winkel beroof het.
Nuwe SAUK-hoofde aangestel
Die SAUK het dié naweek bekend gemaak dat hy ʼn nuwe groep- uitvoerende hoof en ʼn hoof- finansiële beampte aangestel het as deel van sy pogings om stabiliteit by die uitsaaier te bewerkstelling.
Aarbeiboer vermoor: Polisie maak meer bekend
Die polisie in die Wes-Kaap het Sondag meer inligting bekend gemaak oor die plaasaanval waarin ʼn geliefde Stellenbosse aarbeiboer dood is.
Zim-aanval: Nóg beserings aangemeld
David Parirenyatwa, die land se minister van gesondheid, sê hoewel sommige mense vir geringe beserings behandel word, is daar talle beseerdes wat chirurgie moet ondergaan.
‘Openbare gesondheid in gevaar weens nasionalisering’
“Met Motsoaledi se verbintenis tot ʼn nasionale gesondheidsversekeringskema skakel hy die gesondheidsorgbedryf om in ʼn staatsbeheerde onderneming, en mediese versekering in belasting.”
Nuwe Cheetah druk eerste toetsdrie vir Amerika
ʼn Onlangs gekontrakteerde Cheetahs-speler het Saterdag sy eerste toetsdrie vir Amerika gedruk toe die Arende die tuisspan in Halifax, Kanada, om die Can-Am-beker geklop het.
Plaasaanval: Dogter ontsnap ná pa voor haar vermoor word
“Ek wou eers nie stop nie, maar het teruggedraai om hulp aan te bied. Die vrou was in ʼn histeriese toestand. Sy het gesê die verdagtes het by die deur ingestorm en haar pa koelbloedig vermoor. Hulle het haar vasgebind, maar sy kon ontsnap. Sy wou haar sussie, wat op pad plaas toe was, bel om haar te waarsku omdat die verdagtes gevra het wanneer sy tuis sou wees.”
Poemas sukkel weer; Japan verras met groot sege
Die naweek se rugby benewens die twee Australasiese kragmetings en die stryd op Nuweland het ʼn paar verrassings opgelewer.
Namibië maak geskiedenis in WB-aanspraakstryd
Namibië het Saterdag in Windhoek ʼn geskiedkundige grootste toetsoorwinning in sy Wêreldbeker-aanspraakstryd teen Tunisië behaal.
Nuwe Noordwes-premier ontken ‘ongerymdhede’
Brian Setswambung, ʼn woordvoerder vir die premier, het dié bewerings van ongerymdhede ontken.
Springbokke: Ewe skielik brand die liggie weer flou
ʼn Reeksoorwinning van 2-1 oor Engeland is die sakkie, maar die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, se wenpersentasie van 50% lyk glad nie so rooskleurig nie.
Geliefde Stellenbosse aarbeiboer vermoor
“Nóg ʼn boer in Suid-Afrika vermoor. Dié keer was dit my oom. Jy sal nooit vergeet word nie. Rus in vrede.”
Zim-president oorleef aanval: Video wys ontploffing
ʼn Video wys die oomblik toe die granaat in die hoek van die verhoog ontplof het.