Die Proteas se snelarsenaal het Indië op die eerste dag van die derde toets op ʼn groen Wanderers kolfblad uitmekaar geboul met Indië wat darem die troos van ʼn vinnige Suid-Afrikaanse paaltjie gekry het.
Lees meerAlles vir Woensdag 24 Januarie 2018
Verkiesing in Zimbabwe binne ses maande
Zimbabwe sal in Julie ʼn verkiesing hou, het pres. Emmerson Mngangagwa Woensdag in Davos, Switserland, gesê.
Hoërskool Overvaal se deure Donderdag gesluit
Die Hoërskool Overvaal in Vereeniging se deure is Donderdag vir alle leerders gesluit en verskeie betogings word by die skool verwag.
Sakeliggaam BLSA vra Koko om uit Eskom te bedank
Die sakeliggaam BLSA het Matshela Koko, Eskom se omstrede uitvoerende hoof van kragopwekking, versoek om te bedank ná hy Woensdag voor die parlementêre ondersoek oor wanbestuur by Eskom verskyn het.
Australiese Ope: dis die meester teen die jong Turk
Die Switserse tennislegende Roger Federer se pad is uitgestippel om die Australiese Ope-toernooi te wen nadat hy die Tsjeg Tomáš Berdych Woensdag in die kwarteindronde met 7-6 (7-1), 6-3, 6-4 uitgeskakel het.
Motordiefstal-sindikaat oopgevlek
Nege verdagtes, waaronder vyf polisiebeamptes en ʼn beampte van binnelandse sake, is in hegtenis geneem in verband met ʼn beweerde motordiefstal-sindikaat.
Beloftes lei tot sterker rand
Paul Mashatile, tesourier-generaal van die ANC, het gesê die nuwe politieke leierskap en die belofte “om dinge reg te stel” het daartoe gelei dat die rand Woensdag teen die dollar verstewig het.
Maatskaplike werker vra korrektiewe toesig vir modelbaas
ʼn Maatskaplike werker, wat in die voorvonnisverhoorverrigtinge getuig van Dawie de Villiers, die hoof van ʼn modelagentskap in Kempton Park wat vroeër skuldig bevind is op aanklag van verkragting, het aan die hof gesê die slagoffers het nie berading ontvang nie – “ʼn teken dat hulle nie enige trauma beleef het nie”.
Twee gevonnis vir moord op KZN-boer
Ayanda Mncube (21) en Sibusiso Mbatha (23) is Woensdag in die hooggeregshof gevonnis vir die moord op Daniel Swanepoel (57), ʼn boer wat in November 2017 op ʼn plaas in die Vryheid-omgewing in KwaZulu-Natal vermoor is.
ToekomsVenster: Die rol van geld en Christenskap
Dankie vir die voorreg om U kind te wees. Dankie ook vir my werk en my inkomste. Help my asseblief om my kindskap met U te koester en dat ek verantwoordelik met my geld sal werk.
Ma gevonnis wat jok oor baba se ‘ontvoering’
Die beweerde “ontvoering” van die baba, wat destyds een maand oud was, het in Maart verlede jaar wyd opslae veroorsaak.
86-jarige vrou gevonnis ná bankroof
Die vrou, wat ʼn loopraam gebruik om te stap, het ʼn vuurwapen by haar gehad toe sy ʼn bank beroof het.
Listeriose plaas soeklig op voedselveiligheid
“Hoewel Suid-Afrika strawwe gesondheids- en veiligheidsregulasies het, het die owerhede nie die hulpbronne en infrastruktuur om dit behoorlik toe te pas nie. Gevolglik laat dit die deur oop vir misbruik en kortpaaie, veral as daar druk op die finansiële prestasie van ʼn maatskappy is.”
Die wêreld in foto’s – 24 Januarie 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Nieu-Seeland lanseer drie satelliete gelyk
Die Nieu-Seelandse maatskappy Rocket Lab het die eerste land in die Suidelike halfrond geword wat ’n vuurpyl suksesvol in ’n wentelbaan om die aarde kon plaas.
Qedani Mahlangu: ‘Ek is ʼn baie warm persoon’
Qedani Mahlangu, die voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng, en die vrou wat wyd geblameer word vir die Life Esidimeni-tragedie, het Woensdag gesê sy was in geen stadium bewus daarvan dat Selebano en ander beamptes vir haar bang was nie.
‘Winde van verandering waai in SA’
“Die Ramaphosa-trein is besig om stoom op te tel. En dit kan net goeie dinge beteken vir die land.”
Polisie staan drie aan dood af
Drie polisiebeamptes van die Noord-Kaap is die afgelope week in twee afsonderlike voorvalle dood.
Man voor seun, kleinkinders doodgesteek
Die aanvallers het glo die twee jong kinders gebruik om vir hulle te wys waar die kabelbinders is wat die verdagtes gebruik het om hul ouers en grootouers vas te bind.
Kaapstad se Dag Zero nóg nader geskuif
Kaapstad sal dan die eerste moderne stad in die wêreld word wat al sy skoon waterreserwes uitgeput het ná die ergste droogte in ʼn honderd jaar die stad se reservoirs opgedroog het.