Mosambiek-terreur: SAOG-mag reggeruk om in te gryp

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die beraad in Maputo. (Foto: Kopane Tlape/GCIS)

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het onderneem om “proporsioneel” te reageer op djihadiste wat verlede maand ʼn sleuteldorp in die noorde van Mosambiek aangeval het in wat bestempel word as ʼn ingrypende verergering in die drie jaar lange insypeling.

Ses presidente van SAOG-lande – onder wie pres. Cyril Ramaphosa – het Donderdag vir noodgesprekke in Maputo vergader, twee weke ná die aanval op Palma tientalle dood gelaat en duisende mense gedwing het om uit hul huise te vlug.

Die lande het na afloop van die beraad in ʼn verklaring “bevestig dat daar nie toegelaat kan word dat sulke afgryslike aanvalle sonder ʼn proporsionele reaksie van die streek kan voortgaan nie”.

Die groep van 16 lidlande sê hy is verbind tot pogings om vrede in die gebied te bewerkstellig, maar daar was geen spesifieke besonderhede oor watter steun aangebied word nie.

Die presidensie het Donderdag gesê die beraad het besluit op ʼn “onmiddellike tegniese ontplooiing” na Mosambiek. Ook geen verdere detail hieroor is nog bekend nie.

Zimbabwe se pres. Emmerson Mnangagwa het na die vergadering gesê die lande het “ooreengekom dat die SAOG-mag dadelik weer opgeknap en sy vermoë versterk word sodat dit kan ingryp”.

Leiers van Mosambiek, Malawi, Tanzanië, Botswana en Zimbabwe het ook die beraad bygewoon.

Mosambiekse president Filipe Nyusi het Woensdag gesê die insypelaars is uit Palma verjaag en dat sy regering die behoefte aan hulp van buite “evalueer”.

“Dit gaan nie oor blote trots nie, maar oor ʼn gevoel van soewereiniteit,” het hy gesê.

“Geen oorlog word gewen as dit nie uit die staanspoor duidelik is wat ons land moet doen en wat ons bondgenote moet doen nie.”

Suidelike Afrika het in vergelyking met ander streke betreklike bestendigheid geniet tot insypelaars Mosambiek se Cabo Delgado-provinsie begin teister het.

In die jongste voorval het hulle in ʼn gekoördineerde aanval beheer van Palma oorgeneem; dit is ʼn hawestad wat geleë is naby die multimiljard rand se LNG-aanleg wat beskou word as noodsaaklik vir die Mosambiekse ekonomie.

Die aanval het tientalle lewens geëis, terwyl die Verenigde Nasies (VN) sê meer as 11 000 mense is gedwing om te vlug. Total, die Franse energiereus agter die LNG-projek, het reeds sy werkers uit die streek onttrek.

Die insypelaars staan plaaslik bekend as Al-Shabaab – hoewel hulle geen bekende verbintenis met die gelyknamige Somaliese groep het nie – en het reeds meer as 800 aanvalle op dorpe en nedersettings gedoen in ʼn oënskynlike poging om ʼn Islamitiese kalifaat te vestig.

Die geweld het reeds meer as 2 600 lewens geëis en sowat ʼn driekwartmiljoen ander ontwortel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Persheks Adri ·

So wat is die plan Cyril? Isis onderhandel met niemand nie. Hulle is ‘n groot nagmerrie werklik waar.

Kyk die nar agter in die foto met die masker onder die ken gggmmmfff pragtig man pragtig!

Dirk Mostert ·

‘n Serp om die nek help teen verkoues. Elders stop dit geen kiem of virus nie.

Persheks Adri ·

Skerp! Ons moet dit dra, maar duidelik nie hulle nie genade! Klimraam het af geval voor hulle graad 1 toe is…

Dries ·

Ja nee nou wag hulle eers weer dat daar weer honderse lyke die strate vol le. Dan vergader hulle eers voor hulle iets doen

Johann ·

Wonder sommer net…is die SAners daar om te gaan kyk hoe hulle kan verbeter op ANARGIE en dan hul insig met hul mede kaders te kom deel in voorbereiding van wat hulle beplan vir ons?

Pampoen ·

Dit kom al drie jaar lank. Nou hou ons eers koekies en tee konferensies.

Charles ·

Die manne wat daai probleem kon uitsorteer is nou al oud.

Werner ·

Seker hulle sal dit nogsteeds beter kan doen as die huidige lot.

Korrelkop ·

O gaats! Julle beter Denel weer op die been kry anders sal ons met Cessna’s (nie Rooivalke) en Toyota bakkies (nie Badgers) moet oorkom om te probeer help. En, bring jou eie rollie (en koeëls) saam!

Elize ·

Die Mosambiekse Pres maak my bekommerd want hy klink nie bekommerd genoeg nie!!

Stofdonkie ·

Stuur vir Bheki Cele met so paar van sy troepe om dit te gaan uitsorteer. Hy het mos darem nou baie ervaring in mense vang op die strande, so hy kan seker ISIS ouotjies ook vang?

Werner ·

Al wat reg is is dat ou Cyril kyk waar hy nou weer n paar rand kan skep wat vir die operasie geskenk gaan word.

Dirk Mostert ·

Hy en die kabinet behoort op ‘n feite-sending deur Noord-Mosambiek te gaan. Dan kan hulle beter teen die terreur beplan.

Anoniem ·

Daar is geen politieke wil vanaf die Mosambiekse regering wat in die suide geleë is en boonop in etnisiteit verskil, om die mense in die noorde te help nie. Enige hulp is slegs van tussentydse waarde.

Manie ·

Dit is 2600 sterfgevalle te veel.
Sedert 2017 indien nie vroeër nie moes daar al samespreking gewees het. Maar nee! Ontplooi die magte om strandlopers te vang!

Jack ·

Ja die wiele sukkel om te draai. Daar bestaan blykbaar geen pro aktiewe planne in ons land vir iets wat gaan gebeur ons weet net nie wanneer nie. So is dit met alles in ons land. Ons sal wel uitvind dat ons nou teen ons einste bondgenote die kubane en russe gaan veg want hulle sal deel wees van die terroriste groep. Die wapens gaan ook alles russies wees. Hierdie aanvalle is maar die oortjies van die seekoei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.