Motor vol Mandrax voorgekeer

Argieffoto bloot ter illustrasie. 

’n Vermeende dwelmsmokkelaar is Dinsdag tussen Robertson en Worcester in die Wes-Kaap in boeie geslaan nadat hy in besit van Mandrax ter waarde van R2,8 miljoen voorgekeer is.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, sê die Valke se narkotikaburo (Saneb) in Bellville en die Wes-Kaapse polisie het inligting ontvang oor ’n verdagte wat van Gauteng na Kaapstad onderweg was met ʼn voertuig vol Mandrax-tablette.

Die betrokke voertuig is later op die R60 opgemerk en met behulp van die polisie se honde-eenheid voorgekeer en deursoek.

Talle versteekte Mandrax-tablette is tydens die soektog in ʼn vals kompartement in die voertuig gevind. Die verdagte is summier in hegtenis geneem en die polisie het op die dwelms beslag gelê.

Die man sal na verwagting Donderdag in die landdroshof op Worcester verskyn op aanklag van dwelmhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lillian ·

En so is die polisie aan hul neuse rongelei, want die groter besending het ongesiens deur hul vingers geglip … ou trick van dwelm smokelaars

christo ·

Die NVG moet tog net nie weer die saak opmors en die skuldiges laat wegkom agv swak voorbereiding vir die saak.

marius ·

Die muil se base sal nooit aangekeer word nie . Daarvoor kry elke een sy sakgeld om ander pad te kyk .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.