Motorfietsryer ernstig beseer in Margate-ongeluk

Die ongelukstoneel by Manaba-strand in Margate Foto: Netcare 911

Die ongelukstoneel by Manaba-strand in Margate Foto: Netcare 911

ʼn Motorfietsryer is Dinsdagmiddag ernstig beseer tydens ʼn ongeluk in Manabastrand in Margate, KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn motorfiets en ʼn motor het mekaar getref. “Die motorfietsryer het ernstige beserings opgedoen,” het Botha gesê. “Paramedici het die man op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.