Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die motoris het twee verkoolde liggame langs die pad gevind. Die een was van ʼn vrou in haar 20’s en die ander van ʼn kleuter ongeveer twee jaar oud.
“Die twee liggame is aangetref waar hulle langs mekaar gelê het. ʼn Klein pienk kombersie is langs die kleuter gevind en stukke materiaal wat vermoedelik van ʼn blou sweetpak afkomstig is, is langs die vrou gevind,” het Mojapelo gesê.
Volgens Mojapelo is die motief vir die moorde onbekend en is niemand nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met meer inligting word versoek om kol. Maloma by 082 565 8524 of die Mankweng-polisie by 015 286 2000 te bel.
A nee a Maroela watse clickbait hoofleiding is dit nou?
Dagsê Nee man
“Clickbait” word gewoonlik beskou as iets wat onnodig sensasioneel probeer wees. Ons kan nie dink aan enige ander manier om die ontdekking van twee verkoolde liggame as ‘n “gru-vonds” te beskryf nie, en beskou dus nie hierdie opskrif as “clickbait” nie. By Maroela Media werk ons regtig hard daaraan om seker te maak dat ons nie sensasioneel of opspraakwekkend probeer wees in ons opskrifte nie. Jammer as jy voel dat ons hier verbrou het, dit was nie ons bedoeling nie.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Ek kan ook nie aan n ander opskrif dink nie, dit is tog wat dit se :)
Ek kan regtig ook niks fout sien met die opskrif nie.