Motorverkope begin weer kop optel

Toyota Hilux was die topverkoper in Mei. (Foto: Verskaf)

Die verkope van nuwe voertuie tel geleidelik weer kop op.

Daar is in Mei altesaam 38 337 nuwe voertuie verkoop, waarvan 24 122 passasiersvoertuie. Dit is 15 156 meer voertuie as in Mei 2020 toe net 8 966 nuwe passasiersmotors verkoop is weens die algehele inperking.

Die verkope van ligte handelsvoertuie, bakkies en minibusse het met 288,5% gestyg, teenoor Mei verlede jaar. Altesaam 11 930 eenhede is in Mei verkoop teenoor die 3 071 eenhede in Mei verlede jaar. Die grootste styging was egter in die verkope van swaar handelsvoertuie soos vragmotors.

Ford was in Mei die sterkste uitvoerder in Suid-Afrika met 10 208 uitvoere. Volkswagen was kort op sy hakke met 9 099 eenhede en Mercedes-Benz derde met 5 805. Daarop volg Toyota met 5 243 en BMW met 4 100.

Toyota het plaaslik die septer geswaai met ʼn reusagtige 9 882 eenhede, gevolg deur Volkswagen met 5 579 eenhede en Ford met 2 910 eenhede. Die twee sterkste invoerders in Suid-Afrika is Hyundai met 2 836 eenhede en Suzuki met 2 034.

Toyota se Hilux was die topverkoper in Mei met 3 700 nuwe bakkies wat verkoop is.

Die Nasionale Motorhandelaarsvereniging (Nada) het intussen gesê hy is baie opgewonde dat die huurmotorbedryf ook weer kop optel ná die algehele inperking se vernietigende uitwerking. Die gevolg daarvan is ʼn tekort aan motors in die tweedehandse mark.

Mense se aptyt vir motors in die segment vir kompakte sportnutsvoertuie, soos die Toyota Urban Cruiser, Suzuki Vitara Brezza, Peugeot 2008, Haval Jolion, Nissan Magnite en Kia Sonet, is volgens Nada ook rede tot opgewondenheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wielspore ·

Hierdie is goeie nuus vir SA, dit wys dat verbruikers meer besteebare inkomste het en ons ekonomie groei. Motorverkope was nog altyd ‘n maatstaf vir die toestand van ‘n land se ekonomie. Ons het so ‘n rukkie terug die kompakte Sport nuts voertuig mark betree met ‘n T-Cross en dit is wonderlik om te sien dat ander vervaardigers ook Sport nuts voertuie in SA bekend stel, veral die Toyota Urban Cruiser wat sommer met die intrapslag goeie verkope gelewer het.
Lekker ry.

Wielspore ·

Die bank is die eienaar van my voertuig, ek gaan hom ry tot dit weer ekonomies is om ‘n nuwe een te koop. Ons koop voertuie wat ons sak pas en die bank is ons nou al goedgunstig met puik uitleenkoerse omdat ons al lank kliente is. Betroubaarheid teen vaste koste per maand.

Perdeby ·

Ek kan glo hulle vergelyk verlede jaar Mei 2020 se syfers met hierdie jaar sin nie. DIT WAS LOCKDOWN en ons het eers middel Mei begin werk.

Wielspore ·

Die berig is ‘n vergelyking om te wys dat voertuig verkope besig om terug te keer na normale vlakke soos voor Covid 19.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.