Msunduzi: Dis kerkgrond wat munisipaliteit wil gryp

Die begraafplaas waar die ontwikkeling beoog word. (Foto: FAK)

ʼn Ondersoek van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) na die Msunduzi-munisipaliteit se “berekende poging om erfenis te vernietig en kerkgrond te onteien” deur ʼn begraafplaas op te grawe, wys die geraakte erwe is almal in private besit en nie die eiendom van die plaaslike owerheid nie.

Die Msunduzi-munisipaliteit in KwaZulu-Natal oorweeg dit om die begraafplaas vir ʼn nuwe ontwikkeling te gebruik. Verskeie Voortrekker-gesinne en veterane van die Tweede Wêreldoorlog is in die Chief Albert Luthuli Erfenis-begraafplaas in Pietermaritzburg begrawe.

Dit is een van die stad se eerste begraafplase en word bestempel as ʼn belangrike gedeelte van KwaZulu-Natalse geskiedenis en een wat historici en genealoë van ʼn magdom inligting voorsien.

Die FAK se ondersoek het bevind dié eiendom behoort egter aan vyf kerke: die NG Kerk, Anglikaanse Kerk, Metodistekerk, Rooms-Katolieke Kerk en die Kerk van Engeland.

Ziegfried van Huyssteen, adjunk- uitvoerende hoof van die FAK, sê dit is onverklaarbaar dat die munisipaliteit seggenskap wil uitoefen oor ʼn eiendomsontwikkeling as hy nie eens die wettige eienaar van die grond is nie.

“Selfs die blote aankondiging van die voorneme vir ʼn ontwikkeling maak die staat en die munisipaliteit se mikpunt baie duidelik: diefstal van eiendom. As die staat kerkgrond wil onteien, is die vraag waar dit gaan endkry.

“Die FAK voel dit is nou belangriker as ooit dat die gemeenskap tot die geveg moet toetree,” sê Van Huyssteen.

(Foto: FAK)

Veronica van Dyk, die DA se woordvoerder oor sport, kuns en kultuur, sê die party het reeds die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap gevra om die kwessie te ondersoek en het aan die stadsbestuurder, Lalamile Mapholoba, geskryf om beswaar te maak.

“Dit blyk dat die munisipaliteit se uitvoerende komitee reeds ʼn verslag vir ʼn konsultasieproses vir uitgrawings goedgekeur het,” sê Van Dyk.

“Die SA Erfenishulpbronagentskap moet hierdie erfenisbegraafplaas beskerm. Alle erfenis is uniek en kosbaar, en dit kan nie hernu word nie. Dit moet beskerm word vir toekomstige geslagte.”

Van Dyk sê die moontlike vernietiging van die land se gedeelde erfenis mag nie so maklik aanvaar word nie. “Die DA glo die begraafplaas moet deur die munisipaliteit bewaar en beskerm word en as ʼn histories betekenisvolle terrein ontwikkel word.”

Die FAK het reeds ʼn petisie van stapel gestuur om die beoogde sloping van die grafte te stuit en “eiendomsreg te verseker”.

Begraafplaas

Verskeie Voortrekkergrafte datee tot 180 jaar terug. (Foto: FAK)

Die FAK sê verskeie Voortrekkergrafte dateer tot 180 jaar terug. Dit sluit in die grafte van eerw. Erasmus Smit, ʼn Voortrekkerpredikant, en sy vrou, Susanna. Die Kaalvoetvroumonument is ook na Susanna Smit genoem. Susanna was die vrou wat gesê het sy trek eerder kaalvoet terug oor die Drakensberg as om weer deur die Britte regeer te word.

Die vroegste oorblywende grafsteen in die begraafplaas is dié van Hendrick van der Berg wat in 1839 oorlede is.

Daar is ook verskeie Anglo-Boereoorlog-grafte, waaronder dié van lt. William Manfred Clapham, ʼn bevelvoerder wat gesneuwel het tydens ʼn skermutseling op Lombardskop op Ladysmith.

Die begraafplaas is ook die finale rusplek van 213 Boerevroue, -kinders en -bejaardes wat in Britse konsentrasiekampe dood is.

Die FAK sê dit is nie net die erfenis en geskiedenis van die Voortrekkers wat hier vernietig sal word nie, maar inderwaarheid die geskiedenis van die stad Pietermaritzburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Kokerboom ·

Werk hul gal FAK. Absolute disrespek/minagting! Sou dit oorweeg word indien oorledenes almal Swart was?

Plaaskind ·

Geen respek vir die dooies en ons kultuur. Wonder wat beplan hulle om met die oorblyfsels te maak wat hul wil opgrawe, op ashoop weg gooi? Ek hoop hulle word gestop.

JohanR ·

Ek het tot ‘n besluit gekom dat ek liewer wil veras word.

Johann ·

Ja wel OF die onbevoegde amptenare WEET PRESIES wat hulle doen…of is so onkundig dat hulle nie besef dat hulle nie die dooies se toestemming nodig het om grond (of is dit gate?) te vat nie maar wel die wettige eienaars? En wat het geword van respek? Of gaan grawe waar julle eie “people” begrawe is? En wat as die voorvaders by julle kom spook?

Plaaskind ·

Dalk moet hulle bietjie gespook word, hulle sal gou van plan verander….Haha.

Waarnemer ·

Die tyd het nou aangebreek dat ons hierdie land moet terug vat uit die a en die c se hande.

Maries ·

The Heritage has already been destroyed, how are you going to stand in a court and persuade a judge that the cemetery means a lot to our people, if the photos show the opposite. The cemetery is in a terrible state which shows that we do not care about our heritage.

Francois ·

Die begraafplaas lyk sommer belangrik. Kyk hoe pragtig word dit onderhou deur die eienaars.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Titelopskrif: Wil die kerkgronde die munisipaliteit gryp? Of wil die munisipaliteit die kerkgronde gryp?

Verwys die “wat” in die in Standaard Afrikaans sinskonstruksie nie na die direk voorafgaande selfstandige naamwoord nie? Help asseblief Christel. Dankie by voorbaat.

Swerwer ·

Voel absoluut niks vir enige iemand nie, alles moet ingepalm en vernietig word. Mense is nie tot sulke dade in staat nie………………………………………………………. laat mens dink

Nico ·

Het geen kennis van die blanke se geskiedenis, dit is die Britse regering wat apartheid in gebring het, los dit uit.

Roek ·

Dit is wel geskiedenis maar lyk dit maar baie oes , moet sulke plekke nie na omgesien word nie, die eienaars is seker verantwoordelik om die plek netjies te laat lyk , om die plek te önteien”sal ‘n absolute skande ! soos Mnr van Dyk aanhaal “”Die SA Erfenishulpbronagentskap moet hierdie erfenisbegraafplaas beskerm. Alle erfenis is uniek en kosbaar, en dit kan nie hernu word nie. Dit moet beskerm word vir toekomstige geslagte.”

Ouvrou ·

Volgens die foto’s is dit verseker nie “erfenis” gehalte nie. Wie gaan daar besoek aflê ? Druggies, criminals ?? Daar word nou ‘n ras herrie gemaak oor iets wat niemand voor omgee nie. As dit so belangrik was moes dit na omgesien word, duidelik nie.

Zoey ·

Ek verstaan dat die begraf plaas histories is, maar hoekom word dit nie in stand gehou nie. Waar is die FAK en DA en wie ook al dan. Ek hou daarvan om historiese begraf plase te besoek. Gaan kyk bietjie hoe lyk die een op Nylstroom (Modimolle) waar vroue en kinders van konsentrasie kampe begrawe is. Daar is tot 3 kinders in een graf begrawe, en die onkruid groei oor alles. Hoe wil hulle die behoud regverdig as dit nie eens in stand gehou word nie. Ek skaam myself as Suid-Afrikaner oor hoe ons erfenis bewaar word.

Johann ·

As ek na die foto’s kyk en Sien hoe verwaarloos die begrafplaas is, vra ek maar net waar was die FAK dan nou voorheen ? Hoekom nie vroeer iets aan dit gedoen het nie

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Beskerming van die eie waardestelsel en eie kultuurgoedere: Welke persentasie Afrikaners is deeglik onderlê in hul Suid-Afrikaanse familiegeskiedenis? Welke prsentasie Suid-Afrikaners kan presies hul waardestelsel uitspel? Welke persentasie Afrikaners versorg die grafte van hul ouers en grootouers? En wie moet die ouer familiegrafte terug tot Jan van Riebeeck se tyd versorg? Tyd dat die Afrikaner hand in eie boesem steek en nie verwag dat die DA, die VF+ en Solidariteit die verpligtinge alleen opneem nie en dan voortgaan met sy vleisbraai, bier drink en ruby bespreek. “Get real”. Ons moet opstaan en veg en bou vir vryheid, demokrasie en geregtigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.