Woede oor ‘herwinning’ van historiese begraafplaas

Die Chief Albert Luthuli Erfenis-begraafplaas. (Foto: Google images)

Die Msunduzi-munisipaliteit in KwaZulu-Natal oorweeg dit om ʼn begraafplaas, wat die tuiste van verskeie historiese grafte is, te “herwin” en as konstrukise- en ontwikkelingsprojek te benut.

Verskeie Voortrekker-gesinne sowel as veterane van die Tweede Wêreldoorlog is in die Chief Albert Luthuli Erfenis-begraafplaas in Pietermaritzburg begrawe en dié besluit het hewige kritiek uitgelok.

Die munisipaliteit se uitvoerende komitee het reeds ’n verslag goedgekeur vir ’n konsultasieproses vir opgrawings.

Luidens die munisipaliteit se kennisgewing is die plan dat grafte opgegrawe en ʼn muur van herinnering opgerig word met die name van almal wat daar begrawe was. Die oorskot sal dan elders begrawe word.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) meen dit is van alle logika ontbloot om grafte te vernietig vir ’n konstruksie- en ontwikkelingsprojek.

Die FAK het gevolglik ’n petisie van stapel gestuur om die ontwikkeling en opgrawings te stop.

Mandla Zuma, ’n senior bestuurder van gemeenskapsdienste, het in die portefeuljekomiteevergadering gesê die munisipaliteit “ondersoek die moontlikheid om die grafte na ’n ander stuk grond te skuif”.

Die FAK meen dit kan en mag nie gebeur nie.

Daar is verskeie Voortrekkergrafte wat tot 180 jaar terug dateer wat onder meer insluit die predikant van die Voortrekkers, eerwaarde Erasmus Smit, en sy vrou Susanna. Die Kaalvoetvroumonument is ook na Susanna Smit vernoem. Sy was die vrou wat gesê het sy trek eerder kaalvoet terug oor die Drakensberge voor sy weer deur die Britte regeer word,” sê Barry Müller, kultuurkoördineerder van die FAK.

“Dit is ook nie net die erfenis en geskiedenis van die Voortrekkers wat hier vernietig sal word nie, maar inderwaarheid die geskiedenis van die stad Pietermaritzburg.”

Müller sê indien die [oorskot van] Voortrekkers en Afrikaners wat daar begrawe is, verwyder word, is dit nog ’n bewys van hoe die regering Afrikaners se geskiedenis ongedaan wil maak.

Hy sê daar is verskeie ander grondgebiede wat die munisipaliteit kan gebruik vir ontwikkeling. “Om nou ’n begraafplaas tot niet te laat gaan, is nie net onsinnig nie, maar bitter onverantwoordelik.”

Ross Strachan, DA-koukusleier, meen ook dit is ’n skande om die grafte te wil skuif en sê daar is genoeg ander eiendom wat ontwikkel kan word voordat die begraafplaas oorweeg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Leana ·

Mag al die mense wat daar begrawe is lekker spook in daai gebou as hy opgerig word.

Misky ·

Hierdie lot bewys daagliks aan ons dat logika en gesonde verstand, nie almal beskore is nie.

Wielspore ·

Ek glo nie daaraan om begrawe te word en grafstene op te rig, dit skep verantwoordelikheid aan die familie wat agter bly. In die geval sal ek eerder die graf strukture nader na mekaar toe bring en ‘n gedenk tuin oprig en die res van die grond ontwikkel.

piet ·

Stem, verassing is baie beter en ek dink heel moontlik selfs minder emosioneel ook afhangend hoe dit gereel word. Eintlik kan hierdie hele begrafnisstorie baie beter hanteer word. Vergeet van die kis, besigtiging en al die emosionele goed. Ek dink daaraan om ‘n wens in my testament te sit dat ek veras word en dat familie en vriende sommer dan net ‘n eie private gedenkdiens sommer by die huis hou op ‘n tyd wanneer dit almal pas. Laat die begrafnisonderneming sorg dat al die gedoentes wat die verassing aanbetref, afgehandel word en net die boksie as oorhandig aan die familie as dit klaar is. Die lewe gaan dus aan soos gewoonlik sonder die ou tragiese begrafnisreelings en al die emosionele issues wat daarmee saamgaan. Hoekom mense ‘n hele uitgerekte seremonie van die gedoente wil maak, gaan my verstand te bowe. Ek hou ook van die idee hoe Muslims die aangeleentheid hanteer, sommer dieselfde dag nog van dood. Vinnig, finish en klaar.

Vexed ·

Klink na ‘n plan, maar as hulle die opskop moet hou wanneer dit almal pas gaan dit nooit gebeur nie. Wat ook seker reg is :)

Jillian ·

En hoekom dan nie? Almal het mos ‘n reg op opinie en wat jy glo is jou saak. Nie almal hoef saam te stem nie. Dink net hoe boring sou die lewe dan gewees het!

Gaitsigubib ·

Korrek Johan SA, dit het alles temake met iets wat vir n sekere segment van die samelewing heilig en belangrik is en niks oor waar en hoe die dooies tot ruste moet kom nie. Wiele is verkeerd en jy is reg, jammer Wiele!

Perdeby ·

Ja reg, want daardie tyd was daar mos verassings gewees of is ek verkeerd? Jy sal mos beter weet. Hierdie graftes is al dekades oud! en jy gaan sorg dat al daardie honderde grafte oorgegrawe word, en almal teen mekaar grawe. Sterkte. wonder wat gaan hulle doen as ons besluit om al hulle voorvaders op te grawe en op ‘n ander plek begrawe. Hulle brand dan weer alles af.

PersHeks ·

Sit en dink ek aan dieselfde ding…as die rolle omgeruil sou wees! Kan jy jou voorstel watse herrie sal losbreek en ou malle-malema sal seer sekerlik een van die eerstes wees wat gaan gal braak!!

Oosie ·

Cool.. sê dit vir daai familie lede wat nog lewe, jy sal darem 2 keer moet dink daarna.. historiese goed raak jy nie aan..

Manie ·

Daar dwaal seker geen 30cm grootte mannetjies daar rond nie.

Elmarie ·

Ek glo persoonlik glad nie aan gedenkstene, beelde van persone of grafstene oprig. Net ‘n uitnodiging vir skending en so. Jy het jou kans gehad om jou liefde tydens ‘n persoon se lewe te bewys, om een of ander “elaborate” steen op te rig…nee wat… Hy/sy is waar hy/sy moet wees en gee nie om of daar ‘n hengse grafsteen of beeld is nie. Ons familie glo in verassing, strooi die as êrens waar almal saam gelukkig was of gebruik myne sommer as bietjie kompos om ‘n mooi inheemse bom in te plant. Jou siel is lankal weg, wat maak die bene saak. Dis seker maar moeilik vir mense wat van die tipe van ding van hou, maar as jy so iets in die toekoms wil verhoed, veras eerder. Oral word begraafplase in elk geval afgeskeep en dit verval, so vir my is dit net onnodig. Wat as ek doodgaan en my kind gaan dood, dan is daar mos in elk geval niemand om te weet wie jy dan nou was al staan jou naam en datums op ‘n grafsteen. Dus maak dit nie saak of sin nie.

Vexed ·

Ek verstaan nie hoe dit wat jy persoonlik glo hier van toepassing is nie…

Marthinus W ·

My familie glo nog in begrawe, en lekker kuier na die tyd. Daar is n organisasie wat fotos neem van alle graftsene, en wat n baie belangrike historiese dokument is. So ontdek [en bevestig] jy wie en wat jou voorouers was.

Elmarie het egter n paar goeie punte beet, en sy het die reg om dit te noem. Haar mening oor begraafplase is wel hier van toepassing.

Miskruier ·

Het my pa, man en skoonpa onder n groot boom begrawe. Die mooiste gesig as die beeste daar lê en herkou. Geen stene, plastic blomme ens nie.

Mariana ·

Dit is verregaande hoe hierdie mense optree. Mog daai projek nooit die lig sien nie. Los die dooies, moenie hul laaste rusplek versteur nie, jy sal spyt wees. Liewe land is niks dan veilig in hierdie land nie.

Kokerboom ·

As die skoen natuurlik aan kaders se voet was sou ‘n massiewe voorvaderlike opstand plaasgevind het!

Swerwer ·

Mag almal wat daar te ruste gelê is, daardie Ontwikkeling op sy kop draai en tot stof laat gaan.

Koos 100 ·

Jong, ek dink dadelik aan iets anders. Word die storie nie gebruik om die aandag van iets anders af te trek nie? Die ANC is meesters met die taktiek. Onse mense glo te veel aan voorvaders en begrafnisse om so iets self uit te dink!

B-Man ·

Vierde paragraaf:”…name van almal wat daar begrawe was.” Moet sekerlik “is” wees andersins sal mense begin dink hulle loop weer rond.

Erika ·

As die skoen aan ander voet was . en die situasie was omgekeerd sal Hulle gou bohaai opskop..
Nou will Hulle krap waar dit nie jeuk nie
Damit Repekteer Afrikander Erfenis..Hou op om di e Afrikaner kultuur erfnis te wil vernietig weens julle wraaksugtigheid

Hans ·

Begraafplase vat baie grond. Oorsee word grafkelders gebruik en bespreek mense plek vooraf, bv in Italië en Griekeland.
Tyd vir nuwe denke oor ou verwaarloosde begraafplase.

Di ·

Daar is baie ander begrafplase waar HULLE familie en voorouers begrawe is, gebruik, daardie grond daarvoor. Sal sien hoe vinnig word hierdie twak gestop wanneer dit gebeur. GEEN respek vir ander mense se geskiedenis, IT IS ALL ABOUT US

Piet parys ·

Graf skending is n kriminele oortreding . In die geskiedenis is daar gestop met ontwikkeling agv grafte wat ontdek is . Maar hier weet hulle . Tyd dat daai ontwikkelaars in die bek geruk word . As jou familie daar begrawe is sal jy dit aanvaar . Seker weer geld onder die tafel wat praat . Die wat dit goedgekeur het is misdadigers en hoort nie in die samelewing nie

Niklaas ·

Maar bewaar jou as jy grafte gaan skend of versteur in “our people ” begrafplase.

Marthinus W ·

Ek het gehoor dat in Jhb n begraafplaas platgevee kan word 100 jaar nadat die laaste persoon begrawe is. Indien die munisipaliteit die koste dra vir die herbegrawe (van die as) en verskaffing van alternatiewe rusplek, sien ek niks verkeerd daarmee nie.

Hendrik ·

Liewe ANC, die voorvaders gaan julle pla as julle met daardie begraafplaas lol …

Danie ·

Kyk dit sal nou n emmer wurms oopkrap met jarelange probleme.En as hulle dit doen dan kan ons dalk diesefde doen en nie om grafte ploeg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.