Musikant rand glo City Power-werker aan

Chicco Twala (Foto: Chicco Twala Fan Club/Facebook)

Die musikant Ernest “Chicco” Twala (58) het Dinsdag in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding en dat hy iets, wat soos ʼn vuurwapen lyk, gerig het.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die voorval het Maandag by Bloubosrand, ʼn woonbuurt in die noordweste van Johannesburg, plaasgevind.

“Twee City Power-werknemers het reageer op ʼn kragonderbreking in die gebied. Met hul aankoms moes hulle die kragtoevoer afskakel en dit is toe dat Twala na bewering op een afgestorm het, hom gewurg en ʼn voorwerp op hom gerig het wat soos ʼn vuurwapen gelyk het.”

Twala is vrygelaat op borgtog van R2 000 en moet op 26 Augustus weer in die hof verskyn. Die ondersoek in die saak duur voort.

Twala het al saam met verskeie bekende kunstenaars gewerk, insluitend Brenda Fassie. Hy was in die 1970’s onder andere deel van Sipho “Hotstix” Mabuse se Harari-musiekgroep. Van sy liedjies is opgeneem in Disney se Lion King II-fliek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Martin ·

Ek neem hom nie kwalik nie, met sy agtergrond sou ek ook hierdie week een van Eskom se werkers aanrand met my kitaar op iemand se kop.

Retha ·

Geweld het nog nooit iets opgelos nie maar ja, Eskom dryf mens tot sulke dade.

Andries ·

“Iets wat soos ‘n vuurwapen lyk” het ons duisende rande prokureersgelde en baie hofdae gekos net om die teendeel te bewys en onskuldig weg te kan stap. Die klaers kan so met moord wegkom.

Lillian ·

Ons het laas week ‘n soort gelyke insident gehad, maar dit help nie ek druk my 9mm onder die man van Ekurhuleni se neus en dreig hom nie. Mens vra mos ordentlik wat aangaan en hoe lank die krag gaan af wees. Kyk nou waar sit hy nou, uit op borg met ‘n hofsaak hangende wat hom duisende rande aan regskostes aan beteken.

Jack ·

Wys maar weer. Geld en posisie maak geen verskil aan die vlakke van opvoeding nie. Wonder of dit n rasvoorval was.

Harley Davidson ·

Mense raak dommer soos die tyd aangaan in 1980 sou die berig so gelyk het man gearesteer en aangekla van rig van vuurwapen en aanranding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.