’n Lag en ’n traan in Sharjah

Aiden Markram het vier sesse is sy beurt geslaan. Foto: Aamir Qureshi/AFP.

Rassie van der Dussen het weer ’n meesterlike T20-beurt gespeel, Aiden Markram het ’n blitsige vyftigtal geslaan, Kagiso Rabada het ’n driekuns geneem en die Proteas het die beste span in die toernooi geklop.

Maar hulle klim steeds binnekort op ’n vliegtuig terug na Johannesburg.

Temba Bavuma se spanlede het waarskynlik een van hul beste vertonings vir laaste gelos toe hulle Eoin Morgan se Engeland met tien lopies in ’n aksiebelaaide wedstryd getroef het.

Maar ’n nederlaag teen Australië en ’n stadige kolfvertoning teen Bangladesj vroeër in die toernooi het dinge vir die Proteas in die wiele gery: Hulle moes die Engelse verrinneweer om vir die halfeindstryd te kwalifiseer.

Gewapen met die wete dat hulle die Bleekbene met 60 of meer lopies moes klop, het ’n skitterende Rassie van der Dussen (94* van 60 balle) en Quinton de Kock (34 van 27 balle) ’n goeie vennootskap om die tweede paaltjie geniet voordat De Kock sy paaltjie verloor het toe hy die lopiekrane groter wou oopdraai.

Daarna het Aiden Markram hom by Van der Dussen in die middel aangesluit en dit het omtrent sesse gereën.

Die twee het ’n blitsvennootskap van 103 lopies geniet en Markram het vir die naasvinnigste vyftigtal van die toernooi gesorg.

Die 27-jarige Titans-speler het uiteindelik 52* van slegs 25 aflewerings gemoker en sy beurt het vier sesse ingesluit.

Engeland moes 190 vir ’n oorwinning aanteken, maar 131 lopies sou genoeg gewees het om die Proteas uit te skakel.

Anrich Nortjé het vroeg van die gevaarlike Jos Buttler ontslae geraak, terwyl Tabraiz Shamsi ook vir Jonny Bairstow terug na die kleedkamer gestuur het.

Maar Engeland het ’n sterk kolflys en Liam Livingstone het saam met Moeen Ali die Proteas uitgeskakel.

Veral Kagiso Rabada het swaar geleef, maar hy het in die laaste boulbeurt vir sy vorige blapse vergoed deur in agtereenvolgende aflewerings van Chris Woakes, Morgan en Chris Jordan ontslae te raak.

Dit was ’n baie goeie Protea-sege, maar dit is ongetwyfeld ook ’n bittersoete oomblik.

“Ons het die wedstryd gewen, maar ons het nie goed genoeg gewen nie. Ons het beslis ons beste met kolf en bal gelewer,” het Bavuma gesê.

Volgens die Protea-kaptein was die netto lopietempo in die begin van die toernooi nie só ’n groot faktor nie; hulle wou net wedstryde gewen het.

Hulle het nou beslis ’n belangrike les geleer. Tog het die span steeds baie beter gevaar as wat baie verwag het.

  • Engeland en Australië is die twee spanne uit Groep 1 wat vir die halfeindstryd kwalifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

casper ·

Nou kan hulle maar netjies op hulle kniee huistoe kruip and BLM bly maak.
Amper so sleg soos die bafanatjies – shame!!

twaalfboor ·

Ag shame Ian…. koppe omhoog en kniegie op die grond nè.

NWT ·

Hi Ian. Hulle het goed gedoen deur te gaan ” leer ” by groot toernooie soos hul verskoning as hul uitgeskakel word by groot toernooie. Hulle is goeie leerders maar pas nooit toe wat hulle by vorige toernooie ” geleer ” het nie. Hoe lank wil hul nog ” leer ” Vytig toernooie ?

piet ·

Ja en baie goed gespeel ook om die gunsteling in die toernooi te klop.

Andrew ·

As jy tweede is , is jy die eerste verloorder. As jy derde is , is jy die 2de verloorder. Kwota beleide bring nie n gevoel van trots by n span nie en dit wys. Dwing jou beste speler om knie te buig teen sy wil is duidelik n wen resep. Maar solank jy jouself geniet het dan is als ok. Net terloops,hulle speel nogsteeds nie vandag verder in die toernooi nie. Maar welgedaan aan die deelnemer’s medalje. Almal is n wenner, jy ook ou piet.

MakersMark ·

Minder kniel en meer krieket speel is dalk die antwoord. Chokers, moeilik om asem te haal op die knie……

piet ·

Twak man. Hoe het hulle kamma “ge-choke”? Ons klop die gunsteling span in die kompetisie en eindig gelyk op punte met die spanne wat op ‘n tegniese punt deurdring. Al die spanne buig die knieg en ondersteun BLM, hoekom sal ons span nou anders wees? Ons span het uitstekend gedoen, beter as wat ek verwag het…ook BAIE beter as vorige T20 wereldbekers toe ons nie gekniel het nie.

N ·

Die Proteas het nie eers die uitspeel rondtes gemaak nie, ek dink dis veilig om te sê hulle het ‘ge-choke’.

Hennie J ·

Julle base met die verwronge idee van boetedoening sal julle terug verwelkom. Hoop julle kniel ook voor hulle. Patete!

piet ·

Eintlik baie ver daarvan af. Ons praat nou definitief weer saam met die groot honde in krieket. Daar wag ‘n opwindende tyd voor hierdie span kan dit ver bring.

NWT ·

Ag tog weer die ou verskoning. ” ons het lesse geleer ” Oral in krieket toornooie ( plaaslik ook ) bepaal netto lopie die uitslag as spanne gelyk eindig in n uitklop toornooi. Ek het tydens die gsme gese daardie stadige lopie tempo teen Bangbaldes gaan by SA kom spook. Maar SA spanne kom mos altyd ” leer” by groot toernooie. Aanvaar net dit is deur jul eie te doen dat jul uitgeskakel is. Ook wereld krieket kan ook n bietjie na die IPL gaan kyk. Miskien kan daar ook n ” qualier ” en dan n ” elimanator ” wees.

piet ·

Daar is baie faktore maar ons moes maar net al ons wedstryde gewen het om uiteindelik deur te dring. Dinge soos: verskillende blaaie, wen van die “toss” ens, kan ‘n belangrike rol speel by lopietempo en dis dinge waaroor jy nie beheer het nie. ‘n Span soos die Windies het egter nie dinge vir ons maklik gemaak met die manier hoe hulle net eenvoudig belangstelling verloor het nadat hulle reeds uitgeskakel is nie. Weet nie wat daar by die Windies aangaan nie maar hulle krieket is in totale chaos.

Dries ·

Ek sal jpk as ek sê eks jammer.CSA se baby die.Hulle het net die span ontwrig met hulle politieke inmenging.Gaan kniel maar voor julle meesters by die huis.

piet ·

Hulle het glad nie die span ontwrig nie, lyk eerder asof die storie die span gemotiveer het. Ons het beter gespeel na die fiasko. Onthou, die petalje het gebeur NA die eerste wedstryd wat ons verloor het. Daarna het ons al ons teenstanders platgevee. So jou kommentaar maak nie sin nie.

Malan ·

Op die ou end was dit KSA se inmenging wat die span gekniehaltet het.

Sobymykoolkop ·

Moet nie die invloed van kwota spelers vergeet nie Malan

piet ·

Net mooi die teenoorgestelde. Ons het al ons wedstryde gewen na die fiasko. Dit het die span gemotiveer na die eerste wedstryd wat ons verloor het.

piet ·

Baie trots op die manne. Engeland is ‘n baie sterk span, het grootbek gehad en ons het hulle op hul plek gesit. Definitief nou een van die beste spanne in die wereld. Dis jammer van daai glipsie in die eerste wedstryd.

KB ·

Jammer is ‘n “bummer”…jy boul nie met jou “beursie nie, jy kolf nie op jou knieë nie, en jy vang nie met ʼn banksakkie nie.
Gaan leer eers HOEKOM jy aan sport behoort deel te neem, en los jou politiek vir stemdag.

piet ·

So al die ander spanne mag kniel (en hulle kniel inderdaad) en dis oukei met julle maar as ons dit doen dan is dit ‘n probleem? Julle is waaragtig die vrotste en mees onpatriotiese ondersteuners wat ek nog teegekom het. Swak man.

N ·

ou piet verdriet. Hulle kan kniel soos hulle wil, ons spelers ook. Maar ander spanne word nie gedwing om te kniel nie. Ons doen wel. En dit vir iets wat in n ander land, meer as n jaar terug gebeur het.

Johann ·

Sportbase (en somige spelers wat met groepsdruk ingee) leer maar baie stadig – wanneer jy ‘n ondersteuner verloor deur “assosiasie” met iets walgliks, is daar min kans om daardie ondersteuner weer terug te win. As die borge dit ondersteun is hulle volgende.

Andrew ·

Die vederasies “are scraping the barrel” al klaar met borge .

KB ·

Vat maar vir AB de Villiers…Hy was altyd my krieketheld, nou is hy vergete, maar ek onthou vir Jonty!

Casper ·

Ek kan nie meer saamstem met die kommentare nie.Ons kolwers het hulle kant gebring maar die boulers was pateties.In die eerste kragspel met net 2 veldwerkers buite die sirkel boul jy nie kort en wyd nie en dit is wat ons boulers pragtig reggekry het.Welgedaan aan die knielende aanbidders.

SjN ·

Ek het in vorige kommentaar gese die knie knakkers gaan dit nie maak nie, viva blm

Willem ·

VATSO! Julle lafaards..kniebuigers..EK IS BAIE BLY julle is UIT!

N ·

Nogsteeds sleg hoe daar so baie verskillende rasse in die span is, steeds word hulle gedwing om te kniel vir een spesifieke ras. Gaan kniel maar as julle terug is voor KSA en sê jammer.

Andrew ·

Nou is die vraag aan Quinton, was daai knie buig die moeite werd? Dalk moes hy eers met die ander twee knie buigers gaan gesels, ou AB en Faf., en of hulle nogsteeds dit as n goeie idee bestempel. Julle gaan altyd onthou word deur jul eie mense as knie buigers, voor julle krieket talente genoem gaan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.