Nadoodse ondersoek op De Villiers se vrou afgehandel

Peter en Theresa de Villiers (Foto: Facebook)

Die nadoodse ondersoek op die voormalige Springbokbreier Peter de Villiers se vrou, Theresa, is afgehandel.

Theresa (62) se liggaam is Maandagmiddag in ʼn swembad in Fairview, Gqeberha, aangetref.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, kon nog nie die oorsaak van haar dood aan Maroela Media bevestig nie omdat die polisie nog vir die nadoodse ondersoekverslag wag.

“Intussen gaan die polisie se ondersoek voort,” het Janse van Rensburg gesê.

Janse van Rensburg het Maandag gesê geen vuilspel word om Theresa se verdrinking vermoed nie.

Medelye vir Theresa het op sosiale media ingestroom.

“Die engelse spreekwoord is waar… ‘Bad things happen to good people’. Ek vra jou om vir oom Peter de Villiers in jou gebede te hou. Sy vrou is hemel toe ,” [sic] skryf Doccie Shields op Facebook.

“Sterkte aan mnr. Pieter De Villiers en breë familie, ons voel die pyn saam met julle en sal nie ophou bid vir julle nie. Mag u vrou se siel in vrede rus,” [sic] skryf Pastor Roland Miggels.

Die egpaar het in 2019 hul dogter Odile weens kanker aan die dood afgestaan. Sy was 28 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Casper ·

Baie tragies Sterkte aan Pieter en gesin en mag julle vrede vind en besef sy is nou veilig.

Wilna ·

Aan die De Villiers familie, alle sterkte en mag God jle versterk in hierdie tyd vn rou

M.P. ·

Baie sterkte aan die familie en vriende van Theresa De Villiers. Ons gebede gaan uit na jul. Mag jul vrede vind by God en hy julle sal dra in die tyd.

Janeh ·

Baie hartseer, sterkte aan die familie. Mag God julle troos gedurende die tyd….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.