‘Net nuwe regering kan SA verbeter’

Mmusi Maimane, DA-leier. Foto: ANA

Suid-Afrikaners moet die regering vervang as hulle die land wil verbeter, sê die DA-leier, Mmusi Maimane.

Maimane het vanoggend in sy oorsig oor die afgelope parlementêre jaar gesê dis ondeurdag om vir die ANC te stem om pres. Cyril Ramaphosa te ondersteun. As jy ANC stem, ondersteun jy die ANC, wat die land rot en kaal laat steel het deur staatskaping.

Maimane het aangekondig dat hy die Black First Land First-leier, Andile Mngxitama, by die Menseregtekommissie verkla het vir sy aanhitsing tot moord op wit mense. Die VF Plus het sedertdien dieselfde gedoen.

Volgens Maimane het pres. Cyril Ramaphosa die bewind oorgeneem met die belofte van streng optrede teen korrupsie, maar Jan en San Publiek betaal steeds oudpres. Jacob Zuma se regskoste.

Maimane het aangevoer dat staatskaping nie slegs aan die Zuma-presidentskap toegeskryf kan word nie, maar eie is aan hoe die hele ANC funksioneer. Dit sluit in hoe kaders in staatsposte ontplooi word, en selfs hoe die omstrede beveiligingsmaatskappy Bosasa geldelike bydraes tot Ramaphosa se ANC-leierskapveldtog gemaak het.

Na Maimane se mening bly die kabinet te groot en bevat dit te veel mense wat nie ministersmateriaal is nie. Hy meen voorts ANC-regerings steek sleg af by DA-regerings op provinsiale en stadsraadsvlak.

In die parlement het die DA meer as die helfte van die geskrewe vrae in die Nasionale Vergadering gestel, en 83% van die vrae in die Nasionale Raad van Provinsies.

Maimane en die DA-hoofsweep, John Steenhuisen, het Suid-Afrikaanse kiesers versoek om hul party te ondersteun in die 2019-verkiesing. Hulle moes kwaai vrae uit die parlementêre perskorps beantwoord oor die DA se standpunt rakende strenger grensbeheer. Maimane het ontken dat die veldtog xenofobies van aard is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Jan-Jan Joubert….jou artikel is baie skerp. Dit is Jan en San Publiek wat vir Zumps betaal….want Innocent en Beauty Publiek betaal niks……..hulle kry net.

Arak ·

Nie net die kabinet is te groot nie, maar die hele parlement en die ganse burokrasie van die land is te groot. ‘n Land met die klein aantal belasting betalers kan eenvoudig nie soveel burokrasie bekostig nie. Kyk maar na iets soos erfbelasting onder DA beheer. Ons betaal ‘n fortuin en wat kry ek daarvoor? – bitter min. Begin sommer by die munisipaliteite onder julle beheeer, geagte DA, en begin om hulle optimaal te bestuur en verlaag die erfbelastings. Die DA praat maklik, maar as dit by doen kom, is hulle en die ANC maar voëls van enerse vere.

Louis ·

Jammer ons het nie `n ander party om die regering oor te neem nie. Die DA het met die De lil sage gewys hulle kan nie probleme hanteer nie. Die party gly in vergetelheid in na Zille oorhandig (Gekapituleer) het
Al die jare my stem gehad . Nou is hulle net nog `n naam op `n stuk papier.

Rina Kotze ·

Helen Zille moes nooit oorgegee het nie, jammer, net my eerlike mening!

humor ·

Ek is nie n DA ondersteuner nie. Maar dit wat hierdie man se is die waarheid Die anc trek tevelde teen korrupsie in die semistaatsinstellings soos Escom , SAL minisipaliteite ens. en ook selfs teen korrupte ministers as individue , maar wat hulle eintlik self erken is dat die hele anc verrot is en nooit stel hul dit implisiet so nie.

Anti-DA Pro-VF+ ·

Snaaks hoe nader die verkiesing kom, hoe meer begin Maimane weer vry na die wit stem. Maar sodra dit very is, is hy weer sy ou rassistiese self. Nee wat, stem VF+. Ek sal nooit wer vir die DA stem nie. Mens kla by die DA burgermeester in Pretoria, hy en sy personeel antwoord nie eens jou epos nie. Baai baai DA

christa ·

korrek SA sal beter wees met ander regering, maar die DA??????

Rina Kotze ·

OP hierdie tydstip, sal enige ander regering beter wees as die ANC!

Ons kan net bid en vertrou dat mense met hul kop gaan stem en nie met hul harte nie!

SA het DRINGEND ‘n nuwe regering nodig!!!

Driesie ·

dis waar mense terk hul kruisies by verkeerde plekke,lykvir my hulle trek toe oë hul kruisies of hulle kyk net waar die teken van die anc is,want hulle ken mos goed die wapen.Ek dink dis hoekom ons so te gronde gaan.

Alida ·

Op die oomblik is die DA die sterkste. Die kleiner partye moet by hulle aansluit dan het ons n kans om van die ANC ontslae te raak.

bosluis ·

Darem nie ENIGE ander regering nie, Rina. Wat n katastrofe as die EFF aan bewind moet kom. Ek verstaan wel wat jy bedoel het en stem daarmee saam :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.