Niemand nog vas ná aanval op Vrystaatse boer

Argieffoto: Lorraine Claasen

Niemand is nog in verband met die aanval op Louis Roux in die Windfield-omgewing tussen Frankfort en Villiers in die Vrystaat in hegtenis geneem nie.

Konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is steeds besig om die voorval te ondersoek waartydens Roux (62) Donderdagaand omstreeks 18:30 op sy plaas, Leniesdeel, aangeval en beroof is.

Volgens Rani is Roux deur ongeveer vyf aanvallers van agter af oorrompel terwyl hy besig was om die skuur se deur te sluit. Die aanvallers het toegeslaan oomblikke nadat hy by die huis aangekom het.

Een van die aanvallers het ’n 9 mm‑vuurwapen in sy besit gehad. Roux is na bewering herhaaldelik met ’n vuurwapen se kolf oor die kop geslaan.

Rani het gesê dat Roux in sy huis ingedwing is waar hy gedwing was om die kluis oop te sluit. Die aanvallers het Roux vasgebind voordat hulle vier vuurwapens geroof het. Hulle het in ’n swart wegkommotor van die plaas gevlug.

Roux se buurman, Org du Plessis, het op hom afgekom. Volgens Du Plessis was daar baie bloed op die toneel en was dit duidelik dat Roux baie seergekry het. Roux is na bewering ook met ’n mes in die been gesteek.

Du Plessis het aan Maroela Media gesê dat die aanval op Roux hom herinner aan sy pa wat ses jaar gelede op sy plaas vermoor is. “Hierdie is al die vierde plaasaanval in ons gebied. Ons kan nie net ons goed vat en trek nie, want ons plase is vir ons kinders en hulle toekoms,” het Du Plessis gesê.

Roux is ná die aanval na die Riemland-kliniek in Frankfort geneem. Verskeie pogings om met sy familie in verbinding te tree was onsuksesvol.

Die polisie ondersoek ʼn klag van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

? leser ·

‘n klag van huisroof, die aanvalle is vir moord, polisie kry jul koppe skoon, dis so helder so modderwater dat rowers ons (wit) wil dood he

Diertjie ·

Jammer maar die polisie ondersoek niks!!! Vir hul is dit glad nie n prioriteit dat ons blanke boere op kleinhoewes en plase uitgemoor word nie?inteendeel…..

Wonner ·

Ek kan verkeerd wees maar dit voel vir my asof die boere nie vir die polisie of die banke meer belangrik is nie.Hulle almal “jag” ons en wil ons van die plase af hê.Ek wnder maar net wat gaan in ons landjie gebeur as daar nie meer kos is nie…aag maar dit is seker nie belangrik nie gelukkig kry ons dit darm in pic en pay en Ok.Ons sal ons boere moet oppas anders is ons n vilgende Zim.

Boerboel ·

Onthou Wonner, dat die boere reeds hulle goedere verskaf aan die winkels wat jy noem, As daar nie meer mielies is nie geen meel. As koring nie meer geplant word nie geen Brood en ander graan produkte, Vrugte Vleis, ens. Alles moet dan ingevoer word en as daar nie genoeg is om intevoer nie, hongersnood!

Philip ·

Huisroof se voet. Dis ‘n pad uit om nie ‘n poging aan te wend om hierdie moordenaars te vervolg nie. Polisie, ANC en moordenaars kan met dieselfde kam geskeer word.

toekoms ·

Kan nie weg gaan nie want die plaas vir vir jou kinders en hulle toekoms??? N toekoms is nie hier waar jy wonder wie volgende vermoor word nie. My kinders gaan n veiliger toe kom geniet elders. Hulle gaan geen Afrika diskriminasie meer hoef te sien en hanteer nie. Die gemors gaan net voort hou. Wat n ongelooflike hartseer.

Emma ·

Hang die vlae halfstok vir die mense wat omgekom het in vloede , wat van die mense wat vermoor word op die plase nou is die regering vrek stil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.