Nóg 25 jaar vir transitorower

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

’n Veroordeelde transitorower wat reeds ’n lewenslange vonnis uitdien vir ’n transitorooftog, is tot nóg 25 jaar tronkstraf gevonnis.

David Thabo Dube (49) is Woensdag in die streekhof in Mbombela (Nelspruit) tot ’n bykomende 25 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van transitorooftog en twee aanklagte van poging tot moord.

Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, hou die vonnis verband met ’n transitorooftog wat op 17 April 2000 uitgevoer is.

“Die beskuldigde was een van ’n groep gewapende rowers wat omstreeks 11:45 ’n geldwa tussen Graskop en Bushbuckridge, Mpumalanga, oorval het. Byna R1 miljoen is gebuit,” sê Sekgotodi.

Die saak is vanjaar aan die Valke in Mbombela oorhandig vir verdere ondersoek.

“Tydens die ondersoek is die beskuldigde deur middel van vingerafdrukke met die misdaadtoneel verbind. Daar is tydens die profielsamestelling van die beskuldigde vasgestel dat hy reeds 25 jaar gevangenisstraf uitdien vir ’n ander transitorooftog wat in Oktober 2017 by Klerksdorp plaasgevind het.”

Genl.maj. Zodwa Mokoena, hoof van die Valke in Mpumalanga, het die ondersoekspan vir hul toewyding geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

domheks ·

Hoop hy vrot in die tronk! Maar waar is die geldjies? Met R1M kan jy lekker leef!

Marius ·

Dit is alles goed en wel dat die ou so lank tronk toe gaan.
Net jammer hy het reeds die helfde van sy vonnis uit gedien agv die saak wat so lank geneem het.
Erstige sake oor die algemeen neem te lank in SA.

Boon ·

Ons regstelsel is ook gekaap, want geharde misdadigers word op parool vrygelaat, en leef dan net weer dieselfde ernstige misdade. As n regter hom tot 20 jr vonnis, is dit onsinnig dat die tronkowerheid die regter se uitspraak ongedaan mag maak met n administrative besluit om straf te verminder. En dan word dit agteraf gedoen deur onbekend persone wat nie in die openbaar verantwoordelik gehou word nie. Dis wawyd oop vir korrupte optredes. Dis nie waarvoor ons in referendum “ja” gestem het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.