NRP keur wetgewing oor Postbank goed

(Argieffoto)

Die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) het die Wysigingswetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Posbank goedgekeur. Dit sal nou na pres. Cyril Ramaphosa se lessenaar gestuur word.

Die wetgewing baan die weg vir die fasilitering van ʼn oordrag in aandeelhouding van die Poskantoor na die regering en die skep van ʼn bankbeheermaatskappy vir Postbank. Dit beteken die bank skuif onder die toesig van die Poskantoor na dié beheermaatskappy en dít val weer onder die toesig van die departement van kommunikasie en digitale tegnologie.

In kort beteken dit dat Postbank as volwaardige bank kan sake doen ingevolge die bepalings van die Reserwebank.

Ramaphosa moet die wetgewing nou bekragtig.

Die Postbank het tien jaar gelede al aansoek gedoen om as bank geregistreer te word en in 2017 het hy sy aansoek vir ʼn banklisensie ingedien. Ramaphosa het vroeër al gesê so ʼn bank is noodsaaklik en dat ander ontwikkelende lande soortgelyke instellings – oftewel staatsbanke – het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Pre-1994 SA Poskantoor het met ywer die publiek gedien. Post-1994 SA Postkantoor is simptomaties van ‘n 3de wêreld poskantoor; ondoeltreffend en oneffektief. Ek sal geen besigheid met SA Posbank doen of aandele daarin koop nie. ‘n Kaderbank tot mislukking gedoem.

PersHeks ·

‘n Mens moet baie dom wees om jou geld in daardie bank te wil bêre!

Nico ·

Ek Kannie glo dat Soiets ooit oorweeg moet word nie. Ramaphosa kon nie eers sy rusbank beheer nie..

Johan Botha ·

Hier word ou weer ‘n nuwe krip gebou waar die amptenare lekker dik kan vreet. Hoeveel mense gaan WEER hulle swaarverdiende geldjies verloor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.