Lede van die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) by Scaw Metals in Germiston, Gauteng, het Maandag begin staak ná een van die maatskappy se aandeelhouers glo ʼn werker aangerand het.
Die vakbond het gesê een van sy lede is Vrydag aangerand omdat hy ʼn selfoon aan diens gebruik het. “Dit is nie die eerste keer dat [die aandeelhouer] ʼn werker mishandel nie. Hy het na bewering in Junie vanjaar ʼn vroulike werker aangerand. Ons het geëis dat hy verwyder word, maar ons eise is geïgnoreer. Nou het hy nóg ʼn werker aangerand en ons lede het besluit om te staak,” het Irvin Jim, algemene sekretaris van Numsa, gesê.
Hy het gesê die vakbond veroordeel die aandeelhouer se gewelddadige optrede en het bygevoeg die bestuur van Scaw Metals het nog nie beslissend in die saak opgetree nie.
Numsa eis dat die persoon dadelik geskors word en dat dié voorval en ander voorvalle ondersoek word. “Ons weet van verskeie ander voorvalle waar hy na bewering betrokke was. ʼn Strafregtelike saak is by die SAPD in Elsburg, Germiston, aanhangig gemaak.”
Jim het gesê hulle sal met die bestuur vergader om die kwessie aan te roer en die staking op te los.
Die maatskappy was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.
Indien die werker wit was sou daar nie ‘n haan gekraai het nie.
Professionele slagoffers
Soek verskoning om nie te werk nie patetiese spul.
as jy staak bewys jy dat jy nie gelukkig is met jou werk nie. so bedank en gaan soek ander werk totdatjy gelukkig is. jy gaan verseker sonder werk sit.
En die arme werker is so onskuldig!
Maak toe en verkoop alles vir skroot .