Nuwe koalisie vat Lambertsbaai

(Argieffoto: Megan Swart/Maroela Media)

ʼn Koalisie tussen Cederberg Eerste, die DA en die VF Plus het ʼn tussenverkiesing op Lambertsbaai in die Wes-Kaap oortuigend gewen en die ANC‑PA-koalisie ontsetel om beheer van die Cederberg-munisipaliteit oor te neem.

Wyk 5 se wyksraadslidposisie het in Julie vakant geword en die CE‑DA‑VF Plus-koalisie het besluit om slegs ʼn enkele kandidaat aan te wys om hom te verteenwoordig – op voorwaarde dat dit die beste kandidaat is, lui ʼn gesamentlike verklaring van die drie partye.

Die koalisie het hul steun op dr. John Hayes, die afgelope 35 jaar al ʼn dokter op die dorp, verenig. Hayes is ʼn lid van die DA. Die DA het 45,74% van die stemme op Lambertsbaai‑Leipoltville op hom verenig.

Woensdag se oorwinning beteken die koalisie is nou stewig aan stuur van sake by die plaaslike owerheid.

“Ons wil die onderskeie koalisielede en ondersteuners vir hul vertroue bedank. Die benadering wat die koalisie aangeneem het, het ʼn vlak van politieke volwassenheid en gesonde verstand vereis. Gelukkig is hierdie koalisie geseën met albei,” lui die verklaring van die drie partye.

Eerste op die agenda is ʼn bepaling van die skade wat die ANC en PA aangerig het sedert hulle in Julie vanjaar die bestuur van die owerheid oorgeneem het, sê die koalisie. Dan moet hierdie skade herstel word.

“Die verwikkeling skep vertroue omdat dit die koalisie se doelwit is om bestendigheid na die munisipaliteit te bring en te verseker dat behoorlike dienste aan alle inwoners gelewer word,” sê Tertuis Simmers, die DA se provinsiale leier in die Wes-Kaap.

In wyk 5 in Kaapstad het die DA ook ʼn tussenverkiesingsoorwinning behaal en met 92,26% van stemme bly die wyk stewig in DA-hande.

Die DA se Miquette Temlett het in dié wyk ʼn oorwinning behaal.

“Ons is vol vertroue dat sy sal voortgaan om die DA-verskil aan die gemeenskap te maak,” sê Simmers.

Die DA regeer tans in talle Wes-Kaapse munisipaliteite met ʼn volstrekte meerderheid, terwyl hulle ook op verskeie ander plekke die meerderheidsregering is.

Só lyk die stand van sake vir die DA in die Wes-Kaap:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

TRP ·

Nou sal Cederberg ook voorentoe kan beweeg en waarde vir hulle geld kry.

Manie ·

Goed so, moet net nie môre weer vergeet van die mense wie julle daar gebring het nie.

Di ·

Geluk, sorg net dat hierdie plekke uit die kloue van die diewe uit bly

Cherokee ·

Nog nooit vir die DA gestem, maar ek hou daarvan om positiewe nuus soos diè te lees. ‘n Kollega wat lid is van die ANC het gister vir my gesê dat die ANC nie meer sal bestaan in 2024, want hulle is nikswerd. Hy het, toe ek gesê het dat dit nie noodwendig goeie nuus is, gelag en wetende waarna ek dui, gesê dat die EFF nooit beter sal vaar in verkiesings, as nou nie. Malema is geen politikus, het hy gesê. Gesê dat die EFF gestig is in ‘n wraak aksie teen die ANC. Hopelik hou julle aan met groei DA, en wanneer die ANC invou, hoop ek julle skep groot.

Swerwer ·

Die hartseer is net dat die huidige ANC lede mekaar sleg sê en sleg praat maar sodra daar ‘n verkiesing is dan staan hul hand op die blaas met mekaar. Niemand kan vertrou word nie. Waarom bly hul lede van die ANC en is nie mansgenoeg om vir ‘n party staan wat die moeite werd is nie?

Cherokee ·

Jy vra met reg waarom bly hulle lede van die ANC wat nie die politieke status werd is nie. Werkers wat vir my werk is Zoeloes, en hulle is heelwaarskynlik lede van die ANC maar ek weet vir ‘n absolute feit dat elkeen van hulle DA stem. Miskien is hulle bang om amptelik van politieke party te verander, maar die ander sien nie waar hulle stem.

Jaco ·

Is dit nou dieselfde DA wat so baie te sê het téén die stem vir klein partye?

Mariana ·

Doen so voort DA en ook VF+, doen dit vir die mense wat julle ondersteun en vertrou. Ons land kan doen met bietjie goeie nuus. Nou vir die res van die plekke wat nog in ANC kloue is.

Cherokee ·

Mariana, die politieke toekoms van Suid Afrika is in koalisies. Ek hoop ek onthou verkeerd, maar ek is redelik seker dat ek reg onthou wanneer ek sê dat die DA in ‘n stadium genoeg hand om die blaas was met die EFF om in koalisie met hulle te wees. Maar daar sal nie weer ‘n HNP wees nie, so die VF+ en die DA moet maar hul kant bring.

Leana ·

Asb DA werk hard aan Cederberg, want op my ou dorpie doen die huidige munisipaliteit nie veel nie.

Althes ·

Lyk my die PA is bedmaatjies met die ANC. Een so ñ politieke lid het reguit gesê die salarisse is goed om by plaaslike owerhede te werk. Dit sê als

Cherokee ·

JohanR, geld dieselfde nie vir meeste van die ANC leiers nie?

wim ·

Die geldelike aansporing is nie net beperk tot die PA en ANC nie. Dit is lank reeds die DA se modus operandi. Die geskiedenis van Dirk Smit in Kaapstad en die meer onlangse geval van Kito Boks in Matzikama is sprekende voorbeelde

JohanR ·

Dit se nou alles van die ANC – Eerste op die agenda is ʼn bepaling van die skade wat die ANC en PA aangerig het sedert hulle in Julie vanjaar die bestuur van die owerheid oorgeneem het, sê die koalisie. Dan moet hierdie skade herstel word.

Swerwer ·

Wonderlik! Mag hierdie die begin wees van baie dat Christenskap weer hierdie land van ons sal regruk en die kommuniste op hul plek sit.

piet ·

Alle partye het kiesers wat Christene is EN kiesers wat nie Christene is nie (wel miskien nie die ACDP nie) en laat ons maar nie vergeet wat die vorige regering in naam van Christenskap alles aangevang het nie…..

Witbaard ·

Hoop regtig die DA laat staan die twak dat n stem vir kleiner partye niks werd is nie. Dan sal baie meer mense dalk stem wat nie noodwendig vir die DA wil stem nie. Want sien, nou het die ander party in die koalisie ook verteenwoordiging op die raad al stem hulle nie altyd saam met die DA nie

Veronika ·

Dankie Vader! Fire al die ANC Kaders en stel jul eie gekwalifiseerde mense aan wat KAN werk!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.