NWU in strawwe stryd teen UKZN

Noordwes-Universiteit se Sirius X25 sonkragaangedrewe motor (Foto: Facebook)

Noordwes-Universiteit se Sirius X25 sonkragaangedrewe motor (Foto: Facebook)

Die Noordwes-Universiteit se sonkarspan is tans in ʼn nek-aan-nek-stryd gewikkel met dié van die Universiteit van KwaZulu-Natal.

Dié spanne kompeteer om die eerste Suid-Afrikaanse span te wees om die wenstreep te haal.

Die NWU se sonkragaangedrewe motor, die Sirius X25, lê tans 12de in sy klas van 30 deelnemers. Dié span is tans voor dié van die UKZN en behoort môre die eindstreep van die Bridgestone-wêreld-sonkraguitdaging te bereik.

Die Sirius X25 het Dinsdag, op die derde dag van die Bridgestone-uitdaging in Australië, die halfpadmerk van die 3000 km-wedren verbygesteek.

Volg die span se vordering op ‘n kaart.
Volg die span op sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JWK ·

Dis nou lekker nuus om te hoor ivm Universiteite!! Baie geluk aan beide spanne, gaan so voort!!

arie plaasboer ·

Potensieel dubbelsinnige opskrif in hierdie angstige tye by universiteite.
Ek het definitief nie dadelik ingesien dat dit gaan oor sonkraggedrewe karre nie.
Is maar dankbaar dat dit uiteindelik gaan oor ERNSTIGE studente pret.
Sou wou wens dat dit ook in my tyd bestaan het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.