OB se verlof tot appèl teengestaan

Adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency)

ʼn Volbank regters in die hooggeregshof in Kaapstad het Dinsdag die openbare beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane, se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys. Mkhwebane het gepoog om die parlementêre proses rakende die moontlike verwydering van haar uit haar amp te keer, maar was sonder enige sukses.

Regters Vincent Saldanha, Elize Steyn en Monde Samela, het aangevoer dat Mkhwebane se aansoek nie aan enige gronde voldoen om verlof tot appèl aan haar toe te staan nie. Haar aansoek is ook deur die speaker van die Nasionale Vergadering, adv. Thandi Modise, en die DA teengestaan.

Mkhwebane het op 9 Oktober ook ʼn nederlaag gely toe dieselfde volbank regters van die Kaapse hooggeregshof, eenparig en stelselmatig punt vir punt die lang argumente van Mkhwebane en haar regsverteenwoordiger, adv. Dali Mpofu, aan flarde geskeur het.

Mkhwebane het gepoog om die uitvoering van die parlement se reëls rakende die moontlike verwydering van haarself en ander hoofde van art. 9-instellings uit hul poste met ʼn interdik te vertraag.

Die hof het voorts bevind dat sy byvoorbeeld nie bewys kon lewer van onherstelbare skade nie asook nie dat daar geen alternatiewe uitweë tot haar beskikking was nie.

Die parlement het verlede Woensdag die paneel aangewys wat oor Mkhwebane se toekoms moet besluit. Die onafhanklike paneel is aangewys ná ʼn mosie deur die DA om Mkhwebane uit haar pos te laat verwyder en politieke partye het die geleentheid gehad om ʼn lys benoemdes aan die speaker voor te lê.

Die paneel moet besluit of daar prima facie-bewyse is oor die kwessie of die OB haar aan enige wangedrag skuldig gemaak het en of sy onbevoeg of ongeskik is om haar pligte uit te voer. Mkhwebane moet ook ʼn billike kans gegun word om op alle bewerings teen haar te reageer.

Die paneel moet sy werk binne 30 dae afhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Casper ·

Die Mkhwebane het nou al haar hofsake verloor om te verhoed dat sy uit haar amp verwyder word en haar appèle is van die hand gewys.Verskeie uitsprake van die hooggeregshof het reeds bewys dat sy onbevoeg is as openbare beskerm.Is fit nie genoeg prima facie beats nie.Hoekom ‘n paneel aangestel om te kyk of daar prima facie bewyse is teen haar.Nou gaan sy weer appèleer teen die bevinding as daar besluit word om haar te verwyder.

Pieter ·

Ek het al dom in my lewe gesien maar julle klomp in die ANC vat die koek.

SomeOne ·

dali moet maar skep, solank sy net haar trekpas kry, en bitter gou ook

Yvonne ·

Tragies…dit is wat dit die land kos om onbevoegte mense in poste aan te stel……net om polities korrek te wees

SomeOne ·

hoeveel DAE nog sal aan haar toegestaan word, die saak draai nou al langer as 3 jaar, elk keer word DAE aan haar toegestaan, lyk vir my niemand ken die verskil tussen dae, maande en jare nie

Hennie J ·

Verstommend hoe treurige kaders wat in onguns verval vasklou aan die soustrein!!

lodewyk ·

Moenie worry nie,as sy haar pos kwyt is,sal sy een of ander minister pos kry volgende jaar met meer geld – As jy deel is van daai “band wagon”,gooi hulle jou nie sommer af nie want jy sal uit praat??Kyk maar na Malema,hy weet te veel van almal se kwaad streke en geraamtes in die kas!

Alta ·

Onbevoeg maar sy sal probeer klou aan daardie pos! Dit gaan net oor die helse groot salaris wat sy noe wil verloor nie, verder sal sy maar saamsleep en maak of sy baie hard werk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.