Omstredenheid oor Facebook-groepe se rasse-profilering

Skermskoot van die webwerf "Suburban Fear"

Skermskoot van die webwerf “Suburban Fear”

Sekere buurtwagte wat van rasse-profilering gebruik maak, het tot groot omstredenheid gelei, het die Sunday Times berig.

“Die gebruik van rasse-kodes, insluitend om glo na swartmense as ‘bravo’ (black) en bruin mense as ‘charlie’ (coloured) te verwys in kennisgewings op sosiale media neem toe,” het William Bird, direkteur vir Media Monitoring Africa, gesê. “Dit sal regtig nie help om die persoon as ʼn moontlike oortreder te identifiseer nie. Dit is soos om te sê ‘ʼn wit man in Noorweë’.”

Die koerant het gesê ʼn webwerf, Suburban Fear, is vandeesweek opgestel om op burgerlike organisasies se Facebook-plasings verslag te doen, en noem dit: “die bastion van wit middelklasvrees”. Skermskote van plasings op die webwerf sluit ook begrippe soos “bm” (black male) in.

Daar is ook verwysings na verdagte persone in verskeie woonbuurte wat begrippe insluit soos “lyk nie Suid-Afrikaans nie”, “freekin Nigeriërs” en “4 swart (foreigners)”.

Een persoon het na ʼn voorval verwys toe ʼn familielid ʼn vermeende rower “ʼn outydse pakslae op sy boude” gegee het en stel voor dat ander hulself bewapen “met ʼn gordel of ʼn houtlepel”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gerhard Kuhn ·

En as swart Polisie lede dit gebruik is dit ook rasisties?
Weereens n idioot wat iets moet se. Dis aanvaarde praktyk in die Polisie om te verwys na Bravo Charlie India en Whiskey vir kleur van n verdagte. Baie belangrik in die soek na verdagtes.
Die feit dat idiote ook op FB post is n nie rassige gesprek oor IK nie ras nie

Nina ·

Ek verstaan steeds nie hoe ‘n verdagte gevang moet word as daar nie genoem mag word watse kleur die wetter is nie???

J Smit ·

Verstaan nie hoekom mag mens nie kode wooede/afkortings mag gebruik wanneer sekuriteits aksies uitgevoer word nie. Die SAP is deesdae niksseggend. Uiters pateties. Privaat sekuriteit word deesdae gebruik. Om kode woorde gebruik om ‘n spesifieke mens te identifiseer is vir seker niks mee verkeerd nie. Agge nee! As jy niks van ‘n saak af weet nie, bly liewer stil as om jou onkunde in die openbaar uit te basuin.

J,Z Myburg ·

Om n swart man te beskryf is rassisties,om na hulle te verwys as bravo is rassisties,so Wiskey is goed vir n wit man,of sommer net wit man of whittie,want wit is mos bestand teen rassisme.Die klaers moet dan maar n nuwe word uitdink wat ons hulle moet noem.wat ook verseker na nruk as rassisties verklaer sal word.

Johan k ·

Daar is niks fout om te noem watse kleur bv ‘n verdagte is nie, dis net makliker om na ‘n verdagte in ‘n misdaad saak te soek, ek wens ons bravo vriende wil groot word!

jac n ·

As jy n voorstaander is van misdaad werp jy alles in die stryd om ondersteuning te kry – al beteken dit dat jy geen kennis het van n betrokke onderwerp nie.

WM ·

“Media monitoring Africa” – Al wat blank / wit / Afrikaans is word gemonitor. Kyk skeef vir ‘n BM en jy is ‘n rasis. Maar die BM’s en BF’s kan raas, skree, vloek, skel, moor net soos hulle goed dink. En die beste van alles is…. ons EIE mense steek ons in die rug. Pfft…

Conrad ·

As jy wit is is jy wit. As jy swart is is jy swart. As jy bruin is is jy bruin. Hoekom nie na die kleur verwys nie???? Hoekom kodewoorde gebruik. Waar het ek uit die bus geval?

POP ·

Swart is swart en wit is wit. n Man is n man en vrou n vrou. Die enigste verskil volgens die regerende party is, swart mense is glad nie rassisties nie, net witmense is rassisties. Gelukkig mag ek in my huis praat soos ek wil en hulle noem wat ek wil

Sallie ·

Daar is groepe wat skaam is om ‘n ras aan ‘n oortreding te koppel. Van hulle is met reg opgevoed en wil nie gebrand merk word as die uitvaagsels in die land nie. Dan word hierdie verskoning nou gebruik om die skelms te verdoesel. Ongelukkig bly die waarheid die waarheid. Hoe gouer die politiek uit die vergelyking gehaal word, hoe vinniger sal die regte ras sy ware kleure wyse – goed of sleg.

Des ·

As hulle so wil redeneer sal ons ook nie meer mag sê dat dit ‘n man of ‘n vrou is nie. Want dan is dit nie net rassisties nie maar seksisties ook. Ek wonder hoe moet mense identifiseer word as ras nie meer faktor mag wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.