Ondersoek na teistering by Gautengse skool

Ponelopele Oracle Secondary School (Foto: Ponelopele Oracle Secondary School, Facebook)

Vier leerders aan die Ponelopele Oracle Secondary School in Kaalfontein, Midrand, sal na verwagting dissiplinêr verhoor word nadat bewerings van seksuele teistering aan die lig gekom het.

Die beweerde voorvalle is Donderdag en Vrydag aangemeld.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, sê in die eerste voorval is twee gr. 8-meisies glo Dinsdag en Woensdag ná skool deur ’n gr. 10-seun seksueel geteister.

“Dié voorvalle is eers Donderdag in skooltyd by die skoolhoof aangemeld,” sê Mabona.

Die skool het die ouers van die twee meisies en die seun na die skool ontbied om hulle omtrent die voorval in te lig.

“Nie een van die ouers was bewus van die bewerings nie.”

In ’n tweede voorval het ’n gr. 8-leerder se ouer Vrydag aangemeld dat haar kind glo deur twee gr. 10-seuns en een gr. 11-seun seksueel geteister is.

Dissiplinêre verhore is vir die oortreders geskeduleer, bevestig Mabona.

“Die polisie ondersoek die bewerings.”

Psigososiale ondersteuning is deur die departement se distriksbeamptes aan die slagoffers en hul ouers gebied.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het die voorvalle ten sterkste veroordeel en gesê enige swak dissipline in Gautengse skole sal nie geduld word nie.

“Hierdie gevalle is kommerwekkend en enige leerder of werknemer oor wie berig word dat hulle iemand op ons skoolterrein seksueel geteister het, sal deur die nodige dissiplinêre stappe in die gesig gestaar word, en kan moontlik uit die skool verwyder word,” sê Lesufi.

“Ons doen ʼn beroep op slagoffers of getuies om sulke sake aan te meld sodat dit onmiddellik aandag kan kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Koos 100 ·

Eish Lesufi. Kan moontlik die skool verlaat? Vir dierlike gedrag. Maar ‘n juffrou word afgedank nadat daar beweer word (heeltemaal vals) dat sy gesê het “police monkey”.
Jou somme werk nie lekker uit nie!

Christine ·

Geen wonder daar is soveel skoolmeisies wat jaarliks swanger raak nie! Die mense het geen morele kode nie en dit is te bespeur in selfs laerskoolkinders se gedrag!

Nie Verbaas ·

Ek stem. Ek het onlangs n video gesien van n kind nie ouer as 6 nie wat n klaskamer verwoes en die onderwyseres kan niks doen behalwe net praat nie.

Grassie ·

Seksuele teistering is ‘n kriminele saak. Ek kan nie insien waarom daar disiplinêre verhore gehou word nie. Die sake behoort in landdroshof verhoor te word. Dit is seker weer ‘n toesmeerdery.

Jr ·

Maar die Bela Wet moet deurgedruk word om hierdie goed in ons skool te kry. Ja nee.

Christine ·

Dis is vir ons ‘n baie erge saak, dat opvoeders hierdie goed in ons kurrikulum inbring en in kinders se koppe inprent! Tuisonderrig raak al hoe meer ‘n beter opsie.

Alma ·

Ja maar hulle probeer n stokkie voor tuisonderrig ook steek. Want hulle wil so graag hê ons kinders moet ook in die omstandighede skool gaan.

H.A. ·

As ek klein kinderjies gehad sal hulle nie skool toe gaan nie onder die anc gemors. Hulle sal by die huis bly en sal later registreer as die benadeelde blankes.

Kaytee ·

Wat verwag mens met dit wat kinders gedwing word om van ‘n jong ouderdom af al op skool te leer?? Maar kom ons verander sommer maar nog skoolvakke en kurrikulums….dit is mos wat hulle wou gehad het…..vroeg ryp, vroeg vrot!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.