Onderwysdept. moet R81 m. opdok

Argieffoto

Argieffoto

Die hooggeregshof in Grahamstad het Woensdag die departement van onderwys beveel om 90 Oos-Kaapse skole te vergoed nadat hulle R81 miljoen uit hul eie sak vir onderwysers se salarisse betaal het.

Volgens die Legal Resources Centre (LRC), wat die saak gedryf het, het die hof ook beveel dat die provinsiale departement vakatures moet vul en 282 onderwysers permanent in vakante poste moet aanstel.

Regter JM Roberson het gelas dat die Oos-Kaapse departement van onderwys se hoof 20 dae het om geoktrooieerde rekenmeesters aan te stel. Die rekenmeesters sal dien as eise administrateurs en moet help om die bedrae betaalbaar aan die individuele skole te versprei.

“Die [hoof van die provinsiale departement van basiese onderwys] moet verseker dat die Oos-Kaapse departement van onderwys binne 60 dae die bedrag van R81,445,339.99 aan die eise administrateurs betaal,” lees die bevel. Die eise administrateurs het 30 dae om die eise te verifieer en die skole te betaal.

Die beheerliggame van die onderskeie skole het ook die nasionale en provinsiale onderwysdepartemente ook aangevat vir hul versuim om te voldoen aan die statutêre en grondwetlike verpligtinge om onderwysers by die skole aan te stel.

“Die departement van basiese onderwys het oor die afgelope paar jaar verklaar dat individuele skole geregtig is op ʼn sekere hoeveelheid opvoeders, maar het dan versuim om die nodige aantal opvoeders aan te stel om die poste by die betrokke skole te vul,” het die LRC gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Piet Snot ·

Nou vra ek jou: waarom is dit nodig om ‘n hofbevel te kry om die Onderwysdept te dwing om te betaal wat die skole skynbaar wettig toekom?

Kellies ·

Hallo Piet. Omdat die nuwe regering en staats amtenare glad nie worry oor wetgewing nie. So ook die onderwys departement en andere. Hulle sal eerder die geld steel.

zahn ·

Dis maklik, die poste is vakant, die geld, waarvoor begroot is, is gespandeer, maar nie op die regte wyse nie. Al gehoor van spook werkers? Aan die ander kant, hoekom nog onderwysers aanstel as die skoliere nooit by die skool is nie? Toe die opname gedoen is, is die behoefte geidentifiseer, maar net daarna het die 24 jarige skoliere weer gaan werk. No is die begroting soveel groter, maar die werklike uitgawes soveel mider. Africa is not a place for sissies..hier moet jy jou soos ‘n mielie gedra, hare op die tande, en doodstil bly hang, anders word jy opgevreet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.