Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die gevangenes is Woensdag omstreeks 08:00 van die Kgosi Mampuru-gevangenis na die Themba-landdroshof naby Hammanskraal vervoer.
Die gevangenes kon daarin slaag om op pad na die hof uit die polisievoertuig te ontsnap. Dlamini het egter nie bekend gemaak hoe hulle dit reggekry het nie en ʼn ondersoek word gedoen om die presiese omstandighede rondom die voorval vas te stel.
Drie van die verdagtes, Solly Mokoena (31), Sello Lebea (31)en Thabiso Gololo (28), is egter Woensdagaand weer in Themba in hegtenis geneem. Bykomende aanklagte van ontsnapping uit aanhouding staar hulle nou in die gesig. Mokoena en Lebea word van gewapende roof en moord aangekla terwyl Gololo van verkragting beskuldig word.
Die ander twee gevangenes, Thabang Shongwane (26) en Benjamin Bapela (31), is steeds soek. Hulle word van verkragting aangekla.
Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die naaste polisiestasie of 08600 10111 te skakel.
Ons ry elke oggend oppad werk toe verby Kgosi Mampuru en het al baie gesien dat die Polisie voertuie glad nie agter met iets vas gemaak word om te verhoed dat dit sommer net opgemaak kan word nie.
Ek ruik ‘n groot ROT.
En die betrokke polisiemanne wat hulle vergesel het se verweer is wat?