Oorlogsgedenkteken stuk vir stuk weggedra

Die oorlogsgedenkteken in Kimberley loop al die afgelope twee weke onder vandalisme deur (Foto: McGregor Museum, Facebook)

Die historiese oorlogsgedenkteken in Kimberley in die Noord-Kaap het die afgelope twee weke erg onder vandalisme deurgeloop.

Dr. David Morris, hoof van die Argeologie-departement by die McGregor Museum en ʼn professor aan die Sol Plaatje Universiteit in Kimberley, vertel hy het twee weke gelede verby die gedenkteken gery en opgemerk dat van die bronsmetaalsyfers wat datums op dié teken uitmaak, weg is. Toe hy twee dae later weer ʼn draai by die gedenkteken maak, was al die syfers weg.

Vullis lê voor die gedenkteken (Foto: McGregor Museum, Facebook)

Die gedenkteken is in 1928 opgerig en bevat al die name van die burgers van Kimberley wat in die Eerste en Tweede Wêreldoorlog omgekom het.

Morris het dadelik die polisie van die diefstal in kennis gestel en hulle het die aand die gedenkteken gepatrolleer. Die Noord-Kaapse provinsiale erfenisowerheid het ook die volgende oggend ondersoek gaan instel.

Van die bronsmetaalsyfers is sowat twee weke gelede vermis (Foto: McGregor Museum, Facebook)

Volgens Morris het ʼn inwoner ʼn week later gesien hoe ʼn groep mense ʼn swaar bronsplaat in ʼn trollie vanaf die gedenkteken oor die pad stoot. Dit is op dié bronsplaat dat die name van gesneuweldes aangebring is.

“Die inwoner het glo ons vorige Facebook-inskrywings oor die vandalisme by die gedenkteken gesien en dadelik onraad vermoed. Hy het die polisie ontbied en die bord is teruggevind,” vertel Morris.

Die McGregor Museum het op sy Facebook-blad bevestig dat die polisie twee van die verdagtes vasgetrek en die bord terugbesorg het.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gerig, maar wag nog vir terugvoer.

Volgens Morris is dit nou van sleutelbelang dat al die betrokke partye – onder meer die plaaslike munisipaliteit, die erfenisowerheid en die McGregor Museum – saam om ʼn tafel sit en met ʼn oplossing vir hierdie diefstalprobleem vorendag kom.

“Ons moet hierdie vandalisme stopsit, want dit gaan veroorsaak dat ons ons verlede en kosbare erfenis kwyt is. Dit is sleg om te sien dat erfenis nie meer vir mense ʼn prioriteit is nie.”

Die oopte teen die gedenkteken se muur waar die bronsplaat – met die name van gesneuwelde soldate – was (Foto: McGregor Museum, Facebook)

Die oopte teen die gedenkteken se muur waar die bronsplaat – met die name van gesneuwelde soldate – was (Foto: McGregor Museum, Facebook)

Die gedenkteken (Foto: McGregor Museum, Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

MT ·

Hierdie fisiese ‘wegdra van die geskiedenis’ is tog maar dieselfde wat gebeur met die verdraaiing van Afrikanergeskiedenis in skoolhandboeke, die ontkenning van Afrikanerbydraes deur die huidige regering tot die opbou – uit kaal grond – van die vorige Suid-Afrika, en die miskenning en uitroei van ons taal en ander kultuurskatte deur ‘n kommunis-behepte heersersklas.

Binnekort sal die Voortrekkermonument ‘getransformeer’ word tot ‘n ‘inklusiewe-tipe’ shebeen opstal waar ‘getransformeerde’ geskiedenis aangebied sal word.

Anti-Verkramp ·

Dink die Voortrekkermonument sal nogal ‘n lekker pub uitmaak daar op die koppie.

JohanEtz ·

En oor 50 jr gaan niemand van die Afrikaner se geskiedenis weet nie. Hierdie SA gaan weer braak lê….

Misky ·

Darem tragies dat die geskiedenis en harde feite hulle so pla dat hulle dit so wil afbreek en verniel. Ek dink nie dit gaan net oor die brons plaat verkoop en geld kry nie. Die waarheid pla hulle

elphia ·

Wanneer vind hierdie diefstalle en vandalisme plaas? In die dag wanneer almal op straat is en kan sien wat aangaan of tydens aandklokreël wanneer NIEMAND veronderstel is om buite te wees nie? Word daar nie meer patrollie gery nie? Of aanvaar ons nou maar dat die skelms en die virus dan ook bietjie rus?

Mariana ·

Kan hulle dan niks met rus laat nie. Liewe genade. Moet als dan soos ashoop lyk.

Maggies ·

Ag nee sies man! Dit is ‘n skreiende skande hoe die land agteruit gaan.
Buiten die afbreek is die blatante rommel strooi ‘n bewys dat meerderheid mense (as hulle so genoem kan word) geen selfrespek het nie.
Enige mens met integriteit sal eerder opruim as mors.

Andrew ·

Dis nou waar Smuts en Botha se swak keuses finaal rus, gepas siende hulle gewillige inklusiwiteit met die wêreld orde en menings van daai tyd. Vir sommige dalk n kultuur skat, vir ander wat as Boer voor Afrikaaner identifiseer is dit nie n skat nie maar n gedenk aan n ander donker tyd in die Afrikaaner geskiedenis.

Hennie J ·

Hoewel so-iets my hele wese deurboor en kwets, gaan ek nie slaap verloor daardeur nie. As hulle sien dit kwets ons sal hulle net meer en meer vernietig en daardie genoegdoening gee ek nie! Oor 100 jaar glo en vertrou ek my nasate sal voor in die koor wees om mandela, tambo en dies meer se gedenktekens te vernietig.

Tinker ·

Ek was as kind laas daar, my geboorte dorp. Wil nie eers sien wat daar aangaan nie. Dis hartseer want orals verval SA tot rommel.

Jakes ·

Hahahaha bronze het feitlik geen waarde nie, hulle seker gedink dis koper. Daar is niks wat hulle nie wegdra nie.

Bart-Man ·

En so raak die Afrikaner net weg, ook stukkie vir stukkie. Hulle gaan nog die grafte oop grou om by die juwele uit te kom. Dit het in Zimbabwe en Mosambiek gebeur. Niks hier is anders nie behalwe, dat die hand wat swakkelinge voer aanhoudend gebyt word. En aanhoudend toelaat om uitgebuit te word.

MAGRIETHA ·

Skande kyk hoe lyk dit daar soos n ashoop dis n plek wat te alle tye skoon en in stand gehou moet word lyk of mense daar rond hang polisie behoort daardie rondleers weg te jaag en bietjie raad aan dr morris laat da weekliks inspeksie gedoen word en boekgehou word , baie goed die dr het dit opgemerk

Boksombende ·

Dit gaan ongelukkig reg oor die wereld so. Hoe verder die mensdom van die Lewende God afbeweeg, hoe minder beteken enigeiets vir enigeiemand anders.

Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.
Filippense 3:19 AFR53

Eclectus ·

Alfred Henry Lewis het gesê: “Daar is net nege maaltye tussen die mensdom en anargie.”

Kokerboom ·

Polisieër die skrootwerwe. Die wat nie ‘n geskiedenis het het NIE ‘n toekoms..dis hoekom Afrika NIKS het!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.