Oscar Pistorius se moordverhoor hervat Maandag in die Pretoriase hooggeregshof.
Pistorius sal na verwagting nie die eerste getuie wees nie, het sy prokureurs verlede week Dinsdag gesê. Brian Webber, vir Pistorius, het gesê die patoloog Jan Botha sal na verwagting eerste getuig. Klik hier om meer te lees.
Die atleet word beskuldig van moord met voorbedagte rade nadat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 by sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien toe hy vier skote deur ʼn geslote toiletdeur afgevuur het.
Die staat het op 25 Maart, ná 21 getuies, sy saak afgesluit.
Kelly Phelps, ʼn regsdosent aan die Universiteit van Kaapstad, het vroeër aan SAPA gesê dat Pistorius moet getuig om te bewys dat hy verkeerdelik geglo het dat Steenkamp ʼn oortreder was.
Stephen Tuson, professor in die regte by Wits, het gesê Pistorius sal eerstens moet getuig dat hy nie aan bewyse gepeuter het nie. “Die verdediging wil nie hê die staatsaanklaer moet later sê die bewyse van die beskuldigde is aangepas om by die bewyse van die getuienis aan te sluit nie,” het Tuson gesê.
Pistorius se hofsaak het op 3 Maart begin. Die saak is tot 7 April uitgestel nadat een van die regter se assessore op siekverlof geplaas is. –SAPA
Volg al die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media.
Sune,
Met respek. My rekolleksie is dat die saak tot more ( Dinsdag om 09;30 – /08/04 ) uitgestel is. Mnr’tjie was te uitgeput na sy geween en teem vdag.
Dagsê Praetor,
Hierdie berig is Maandagoggend tydens die eerste sessie geskryf. Daar het nog twee berigte oor die hofverrigtinge daarna gevolg, waarvan die jongste berig verduidelik het dat die saak weer Dinsdagoggend hervat. Lees gerus die hooftrekke van die hofverrigtinge hier op Maroela Media: http://maroelamedia.co.za/blog/tag/oscar-pistorius/?oscar
Groetnis
Suné
Maroela Media